Boishaaier 2022
Bo od s ka p van ho o f s e un
Ernst Kirsten
boodskap van hoofseun 2022
Geagte meneer Swart, Onderwysers, Ouers en Boishaai
Dit het begin op 16 Januarie 2018, in die warm Paarl aan die voet van die berg, toe 180 vreemdelinge vir die eerste keer deur die swart hekke van die Hoë r Jongenskool Paarl, met broeke wat op ons knieë hang en wit hemde wat veels te groot was geloop het. Vir sommige van ons was daardie dag die dag wat jy gevrees het, maar vir almal van ons was dit die dag toe ons vir die eerste keer ons huis vir die afgelope vyf jaar betree het. Die blink knopie op ons das, die pale op berg toe, die trane gedeel en die stem van ’n doopkaptein wat jou wakker geruk het in die vroeë oggendure is wat ons een gebind het, en so het ons een gebly, en sal vir altyd. Die jare het aangestap; ons het grootgeword, maar kinders gebly; ons het vasgesit, maar altyd as ’n eenheid verkeer; ons het vriendskappe verloor,
herstel en nuwes gemaak, ons het mekaar leer ken, broers geword, net om mekaar vandag vir oulaas te groet. Ons het die proses van die boompie voltooi en sit vandag hier om die laaste blaar te laat bot. Dit is les van die lewe. Alles kom tot ’n einde. As ek ons vyf jaar in een sin sou moes beskryf, sou ek dit beskryf as “the journey of the underdog”. Baie mense ons afgeskryf; net ’n handjie vol het werklik in ons geglo en geweet waarnatoe ons in staat is, maar tussen al die stemme wat agter ons rug gefluister het, het ons, ons as graad, ons eie stem gevind. ’n Stem wat niemand regtig geweet bestaan het nie, maar ’n stem wat vir die eerste keer na vyf jaar in 2022 besluit het om ’n paar woorde fluister. ’n Stem wat
rekords opgestel het, interskoles gewen het en akademiese prestasies bereik het, ’n stem van wie 180 die stembande gevorm het, ondersteun deur 700 broers, ’n stem wat vir altyd onder blink granietklip sal weergalm. Deur die jare het ons baie gehoor van “the brotherhood of the blue blazer”. Nooit het ons dit regtig verstaan nie, en nooit sal ons dit regtig verstaan nie. Want dis ’n gevoel, ’n onbeskrylike gevoel, wat net ’n handjie vol die voorreg van het om te begryp, ’n gevoel wat ons vandag groet en weer iewers langs die pad sal vind as jou palms die van jou alma mater weer groet. Deur die jare sal name rekords vervang, vriende sal kennisse word, herinneringe, oomblikke sal gaan lê in die argiewe van jou geheue en die gevoel sal soms verkluim in die yskoue gedruis van die samelewing, maar met ’n Old Boy-das, ’n wit
2 0 BO I SHAA I 1 5 4 Y E AR S
Made with FlippingBook Ebook Creator