Boishaaier 2020

KREATIEWE SKRYFSTUKKE / CREATIVE WRITING

DIE GEVOEL VAN OUMA SE LIEFDE Die doilie se plastiekkraletjies klingel teen die melkhouertjie soos ek van die kombuis af stap. Boeretroos, skuinskoek, kaiingbroodjies en vlakoekies pryk in hulle bedienbordjies. Ek gaan staan in die deur van die sonkamer en sien vir Ouma ... Soos die rustigheid self sit sy en vul blokkiesraaisels in. Die lappop en die gebreide rok is langs haar. Sy sit stylvol geklee met haar bril netjies in plek. My sintuie begin die herinneringe van my ouma herroep. Ek ruik vir Ouma in die donderweer wat die grond vars laat ruik. Die reuk van warmte, sekuriteit en liefde as die weerlig slaan en ek stywer teen haar opkrul, die reën in my neus. Ek ruik Ouma in die stof van die grondpad waar ons met droë stokkies prentjies teken. Ek ruik haar in die plantsap van haar immergroen malvas. Ek proe Ouma as ek aansit vir Ouma se feesmaal. Ek proe haar in die lamsboud, sousboontjies, pampoenpoffertjies en natuurlik in die souskluitjies met kaneel. Ek proe my ouma as ek per ongeluk die brakwater en mos sluk in die plaasdam, en hoor hoe sy skater. Ek hoor Ouma se stem as die huistelefoon lui. Ek hoor haar in die geskree van die tarentale, wat beteken ons sal vir hulle moet gaan kosgee. As ek in die aand ’n steun hoor, weet ek dis Ouma wat kniel voor haar bed en in dankbaarheid bid. Haar pragtige stem hoor ’n mens die beste as sy ’n digbundel gryp en die mooiste Afrikaanse gedigte voorlees. Ek sien vir Ouma as ek die kapokeiers moet soek in die driedoringbosse. My oë volg haar wysvinger soos sy na die kosmos beduie. ’n Mens sien haar die beste as ek haar van my lewetjie vertel en die sagte, trotse glimlag om haar mondhoeke speel. Ek sien haar in die hele boksemdaais van foto’s en portrette. Ek skuif die goed langs haar weg en hou haar hand vas. So voel ek haar liefde die beste. Haar parfuum steeds elegant, al het die breingewas haar reuk en smaak weggeruk. Al hoor sy nie mooi nie, luister sy na my. Die trane agter haar bril skit- ter soos die Suiderkruis, want haar geheue is saam met ons prentjies in die stof deur die wind weggewaai ... Herman Snyman (12C)

ADREN ALIEN “Néé Ike, hier is dit nie speletjies nie. Hier tuimel ’n onophoudelike massa jou dieper en dieper onder die borrelende skuimagtige versuipstof. Teen ’n krag direk eweredig aan die grootte van jou eie adrenalienverslaafdheid”, vertel oom Rudy vir my. Hy noem dat, om van Nazaré ’n sukses te maak, jy omtrent vier breinselle moet hê en ’n bakkievrag Suid-Afrikanermoed. Ek en oom Rudy het Kaapstad Internasionale Lughawe vanoggend om sesuur verlaat en is kort op die spoor van die beste branders in ons le­ wens. Die voorbereiding hiervoor was werklik ’n goeie aanduiding van die intensiteit en erns van grootgolfbranderplankry. Voordat ons toegelaat word om die see te betree, moet ons elkeen ’n onderneming teken om geen verantwoordelikheid van ons lewens aan die Portugese te eien nie. ’n Gasontploffing aktiveer die swaar pak wat my omhul en my sal moet beskerm om, in ’n krisis, nie in die oneindigheid van die water te verdwyn nie. Die drievin- megabord is my vlot en al wat my op die trippelverdieping- golwe aan die dryf hou. Die gedruis klink soos Pa se oordonderende stemwat my verbied. Die toe- rusting rus soos haatspraak op my rug wanneer iemand nie my avonture ondersteun nie. Die see roep my soos ’n onherkenbare beminde. “Onthou wat ons geoefen het, kop af en lê jou gewig vorentoe!” skree oom Rudi terwyl ons waterponie om die witwater ploeg in die rigting van die alombekende Narazé-golwe, Portugal. Die eerste halfuur van wag vir die perfekte brander was die moeite werd. Bibberend pulseer spanning deur my are, ek kyk terug terwyl my arms soos ’n agtlidroeispaan deur die water sleep. Die golf lig my hoër op. Die helling raak steiler. Spoed vermeerder. My arms druk my liggaam regop en ek vlieg! Die brander stuur my begraafplaas toe: Dis die area waar elke oorhang teen die wateroppervlak bots en reg voor jou breek om jou nog ’n minuut onder water te stuur. “Hier tuimel ’n onophoudelike massa jou dieper en dieper onder die borrelende skuimagtige versuipstof.” ’n Sneller aktiveer die gasontploffing en bring die mens-bord-kombinasie na die oppervlak. Duiselig, uitasem hoor ek die gezoem van die waterponie en die uitbundige gejuig van oom Rudy. Maar die volgende een is op pad. Ek spartel en veg teen die oorheersende stroom om sy arm te gryp. Ek kan enige oomblik weer vasgevang raak en oorgee aan die wil en beheer van die magtige oseaan ... Keith Jonker (12D) persoon, maar deel nie juis enige persoonlike kwessies met hom/haar nie. Hierdie verhoudings bind jou ook nie lewenslank nie; julle sal heelwaarskynlik nie moeite doen om in kontak te bly sodra gedeelde vriende of belange julle nie meer in dieselfde omgewing plaas nie. ’n Dieper, meer betekenisvolle verhouding het die potensiaal om lewenslank te hou. Dit is ’n verhouding waarin jy op en eerlik met iemand kan wees oor jou emosies en probleme. Die waarde van hierdie verhoudings word dikwels nie besef voordat jy deur ’n moeilike tyd gaan nie. Mense met wie jy oppervlakkige verhoudings deel, sal nie agteroor buig om jou te help nie en kan nie dieselfde ondersteuning bied nie omdat hulle gewoonlik nie die konteks van jou probleme ken nie. Die doel is nie om slegs betekenisvolle verhoudings te hê nie. Dit is natuurlik dat ’n mense beter oor die weg kom met sekere mense en ook net sekeres vertrou met persoonlike sake. Die kwaliteit van jou verhoudings gaan verskil van mens tot mens. ’n Mens moet egter net nooit die kwaliteit van jou verhoudings opoffer vir kwantiteit nie, want dit wat jy dan verloot, is van hoër waarde as dit wat jy daaruit gaan kry. John-John du Toit (11E)

KWALITEIT BO KWANTITEIT Kwaliteit bo kwantiteit. Dit is redelik vanselfsprekend en impliseer dat ’n klein hoeveelhede van iets wat van hoë kwaliteit is, meer waarde dra as ’n groot hoeveelheid van dieselfde ding teen ’n laer kwaliteit. Hierdie konsep is van toepassing op alle aspekte van die lewe, maar kom eers tot sy reg wanneerdit in terme van verhoudings tussen mense gebruik word. Baie mense streef daarna om deel te word van ’n sekere vriendekring of om soveel vriende moontlik te hê en sodoende as “populêr” geklassifiseer te word. Tydens daardie proses offer mense egter dikwels die kwaliteit van hulle verhoudings op in ruil vir kwantiteit. Die doel agter kwantitatiewe verhoudings is sosiale aanvaarding en om in almal se “goeie boekies” te kom, nie om betekenisvolle verhoudings te skep nie. Daarom blom oppervlakkige verhoudings. In ’n oppervlakkige verhouding hoef jy nie die ander persoon dieper te leer ken as wat hy/sy aanvanklik aan jou voorhou nie. ’n Mens kom dikwels goed oor die weg met die ander

91

BOISHAAI 152 YEARS

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online