Boishaaier 2020

KREATIEWE SKRYFSTUKKE / CREATIVE WRITING

THIS IS YOUR TIME

GEHALTE KOS GELD. MOET UNIVERSITEITSGELDE BETAAL WORD? In vandag se tyd kos dit ’n volle arm en ’n been om te betaal vir die noodsaaklike tersiêre onderrig wat by universiteite ontvang word. Die vraag is egter of die universiteitsgelde betaal moet word. Is dit moontlik dat universiteite kan aanhou met kursusse van goeie gehalte as enigiemand die kursus verniet kan doen? Daar is ’n wye verskeidenheid opinies as dit by hierdie onderwerp kom, maar na my mening kos enigiets van goeie gehalte geld. Daarom moet universi­ teitsgelde betaal word. Die gelde wat deur die universiteit ontvang word, word gebruik om die kursusse te verbeter en navorsing te befonds. Dit is noodsaaklik vir universiteite om hulle kwaliteit te verbeter en die navorsing wat gedoen word kan ook wêreldwye erkenning bring vir die universiteite. Vir die Suid-Afrikaanse universiteite om enigsins mee te ding met die standaarde van oorsese universiteite moet hulle studiegelde ontvang. Indien die universiteite hier in ons land op die vlak is van die oorsese universiteite, sal die standaarde van ons studente verhoog. Die feit dat die universiteite gesien word op dieselfde vlak as die groot uni- versiteite wêreldwyd, sal veroorsaak dat meer studente belangstel om daar te leer. Dit veroorsaak grootliks dat die toelatingsvereistes aangepas moet word, wat maak dat dit moeiliker raak vir studente om plek te kry. Dit sal lei tot die mees hardwerkende studente wat die plek kry. Indien tersiêre onderrig verniet word, sal die waarde van jou graad verminder. As gevolg van die feit dat geen student hoef te betaal vir hulle onderrig nie, sal hulle nie motivering hê om so goed as moontlik te presteer nie. Dit lei tot onderprestasie en opvoeding wat op die ou end verswak. Niemand in die besigheidswêreld wil ’n persoon aanstel wat ’n kwalifikasie van ’n lae standaard het nie. Alhoewel daar soveel redes is wat bewys dat universiteitsgelde betaal moet word, is daar ook redes waarom die duur koste sleg kan wees. Die grootste nadeel word direk gemik op die feit dat studente sukkel om dit te bekostig. Indien die universiteite deur die staat betaal word, sal daardie druk en las wat studente ervaar, heeltemal verdwyn. Meer mense sal dus ook kan gaan studeer. My persoonlike opinie bly steeds staan. Daardie duur kursus sal op die ou end die moeite werd wees, want die hoeveelheid deure wat oopgemaak word deur jou graad, het baie meer waarde as die geld wat daarop spandeer is. Hannes Scholtz (11E)

“The sky is the limit”. I have heard this throughout my life, but I never really thought about it. Sure, the sky is the limit and there is a lot of room for improvement between me and the sky. But what happens when I reach the limit, is that the end of my potential? If you look at this quote literally, from earth, it might seem as if there is only sky, but go through earth’s atmosphere and you reach space, which is virtually endless. So what if I told you today that the sky is not the limit, what if I told you that there are no limits, what if I told you limits are only mental barriers that are there to be defied and exceeded. Just imagine how different the world would be if everyone believed that there are no limits as to what they can achieve. Before 1961 people thought that the sky was the limit, but what happened that year? Russia put the first human in space. Then people thought just above earth’s atmosphere, just above the sky if you will, is the limit, but in 1969 NASA put a man on the moon. Then people thought the moon was the limit. In 1976 the first vehicle landed on Mars. There are many other examples of what were thought to be limits, that were exceeded successfully. Just as President John F. Kennedy said on September 12, 1962 and I quote, “We choose to go to the moon in this decade and do the other things, not because they are easy, but because they are hard”, end quote. This was said seven years before the first moon landing. How do you think they did it? They believed. They believed that through hard work, dedication and will power they could achieve the impossible, they could defy the limits put over them. Just as they did and as countless people before them and after them, you can do also. This is your time, not tomorrow, not next week, not next year, now. After all, beyond the sky, there is infinity. Stian Olivier (11C)

Na twaalf jaar agter die tralies van ’n selfopgelegde tronk, vasgepen teen die houtbankie, is daar net een ding wat ons soek: Vryheid. Ons gee nie om of die vryheid op ons ma se rusbank voor die televisie is of op ’n skip op pad Amerika toe nie. Na skool moet ek besluit wat om met my lewe te doen en ’n nuwe perspektief op die lewe kry. As jy nog nie seker is wie jyself is nie, klink ’n oorbruggingsjaar ideaal. Dit bied jou die geleentheid om jouself te ontdek en wat eintlik in die lewe vir jou belangrik is. Dit neem jou uit jou gemaksone en kan bydra tot jou persoonlike ontwikkeling. Jy moet egter seker wees van jou keuse, want jy kan net so deurmekaar terugkeer

omdat jy nog meer opsies onbenut gelaat het. Dit kan selfs veroorsaak dat jy na twee jaar mog minder weet wat jy wil gaan studeer. Sommige tieners kies om eers te gaan werk voordat hulle begin studeer. Dit brei hulle kennis oor die arbeidsmark uit wat hulle wil betree nadat hulle gestudeer het asook met die keuse wat hulle wil gaan studeer. Hoewel dit ’n voordeel is met betrekking tot ervaring, kan dit ook vir jou tot nadeel wees, want jy is agter met jou studies vergeleke ander jongmense van jou ouderdom. Dit is geldmors om kinders Universi­ teit toe te stuur net omdat ouers nie wil erken dat hulle kind nog verward of onseker is nie. Daar is vele maniere

waarop ’n oorbruggingsjaar jou verantwoordelikheid en onafhank- likheid kan leer en daar is uitgebreide studieprogramme wat jongmense help om ’n slim beroepskeuse te maak. Dit kan ’n duurder oefening wees as studente ’n jaar net gebruik om rond te lê of “hulself te vind”. Ek dink ’n brugjaar maak vir jou soveel deure oop. Veral as jy nog nie seker is oor wat jy wil doen nie. Verken die wêreld se geleenthede. Gaan werk op skepe in Amerika, gee Engels in China, werk op ’n plaas in Europa. Ontdek eers jou passie en maak dan ’n beroep daarvan. Carpe Diem. James Alderson (11E)

BRUGJAAR SKEP PERSPEKTIEF

89

BOISHAAI 152 YEARS

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online