Boishaaier 2019

KREATIEWE SKRYFSTUKKE / CREATIVE WRITING

DIE MANDJIE VOOR DIE DEUR Ek was vyf jaar oud toe my ma se snikgeluide die aankoms van my babasuster verkondig het. Met geslote arms daarom het sy my kamer binnegedring, iets deur haar trane gemompel en soos ’n versigtige besetene polisiestasie toe gejaag. Ek was nog te jonk om te verstaan wat presies gebeur het, maar het pynlik die gevolge daarvan agtergekom ... sý was nou die as waarom die Aarde draai! Geld, lekkernye, aandag: alles dinge wat ewe skielik by my venster uitgevlieg het tot reg op haar dekselse skootjie. Ek sou nooit kon glo dat ’n viermaandeling my ma met so ’n ysterhand kan regeer nie. As dit nie speeltyd was nie, was dit skreetyd. En laat die poeiermelk nou net opraak ... Selfs my bedjie is in ’n wieg omskep! Ek was ’n vreemdeling in my eie huis. Vir ’n droewige drie jaar het dit so voortgeduur, my selfbeeld in skerwe. Tot die dag dat ’n uitgestrekte armpie, ’n handjie gevul met koekiekrummels, alles verander het. Dit was Emma, my sussie, wat uit haar eie uit haar koekie met my wou deel. Ek was stomgeslaan en het gesukkel om ’n hakkelende dankie oor my lippe te kry. Van daardie oomblik af het ons voorheen yskoue verhouding ontvlam in een van onskeibaarheid. My dae het al hoe korter gevoel, terwyl my selfbeeld stukkie-vir-stukkie aanmekaar geplak is deur die vet handjies van my babasussie. Die jare het verbygevlieg, met ons kinderliefde- en-omgee vir mekaar wat daagliks versterk het. Ons sandkastele het al hoe hoër geraak en ons skinderstemmetjies al hoe sagter. Haar boelies was my verantwoordelikheid en my kunstake hare. Ons het mekaar voltooi. Soos alle goeie dinge het dit ook tot ’n einde gekom met kanker wat haar heeltemal te vroeg verhemel het. Dit was eers nóg vyf jaar later dat my ma hakkelend aan my erken het dat Emma in ’n mandjie voor ons deur gevind is, vyftien jaar gelede ... maar vir my was dit nie ’n moedelose ma wat ’n skreeuende baba voor ons deur kom los het nie, eerder ’n liefdevolle God wat ’n hulpelose kindjie voor die deur van my hart geplaas het. En al het dit my drie jaar geneem om die mandjie voor my deur raak te sien, het ek haar snikke uiteindelik gehoor en my hartsdeur wawyd oopgeswaai, koekie in die hand. Dit is hier waar sy vandag nog bly, waaruit sy nooit sal verdwyn nie. Haar mandjie is leeg; my hart is vol. EMILE SCRIBA (12D)

DIE GROOT VAKANSIE Uiteindelik is ons hier ná ’n slakkepas in ons beknopte Franse huurmotortjie. Dit was ure se kruip-gly teen die seepgladde nou draaie of met kettings wat knars oor die ys. Langs my is swart afgronde met spokerige skaduwees en voor my die kronkelpad wat hang aan die spierwit hellings. Orals is kolle: hoë wit dennebome met takke dik onder die sneeu bedek, wiegend in die Franse Alpe. Die bestemming van ons groot gesinsvakansie is bereik. Honderde tasse en koffers word uit die geel huurmotortjie gegrawe. Netjiese jong manne neem die tasse en begelei ons na ons kamers. Almal se oë rek van verbasing as die lang, goue gordyne oopgetrek word. Onder in die vallei sprei die dorpie soos ’n waaier voor ons oop. Die liggies knipoog oral in die skemerte. Ou, middeleeuse geboue in hout staan op aandag, styf teenmekaar ingeryg. Hulle is deftig versier in helderrooi en groen liggies, Kersfeesvreugde. Die ander families, toegewikkel in dik ski-baadjies en musse, kuier vrolik in die strate. Die reuk van kaneel en gebakte appel vul die lug en die feestelike atmosfeer is tasbaar. Die ski-hysbak is ’n kronkelende, geel wurm teen die spierwit berg op, piepklein hysbakkies hang soos neste, eweredig versprei aan die kabel. Die ski-karretjies is klein en beknop, die klein karretjie kruip saggies na bo. Ons warm asems loop teen die koue ruite af, opwinding en gevoelens van vrees vul my gedagtes. As hy ons bo uitspoeg, word die wêreld skielik in eindelose wit voor ons oopgesprei in doodse stilte. Dit is net die wind wat saggies fluister deur die sneeubedekte berghange. Die sneeuvlokkies is soos ysnaalde teen jou koue gesig. Op elke piek is ’n klein restaurantjie. Skiërs kom moeg en uitbundig hier bymekaar en geniet ’n warm sjokolade of ’n koue bier. Die oefening en stilte wat ek met my hartsmense deel, is ’n onvergeetlike kombinasie in my geheue. My lyf is seer en moeg, maar my siel uitgerus. Hierdie wêreld vol kontraste in kleur, klank en herinneringe is die beste vakansie wat ek nog ooit voor kon vra. Dit het my lewe en my lewensuitkyk heeltemal verander. Nou weet ek dat my familie my vangnet is en daar niks beter is as om tyd saam met hulle deur te bring nie. Die honderde tasse en koffers kan nie die waarde van die herinneringe saamvat nie. Slegs my hart kan my terugneem na dié droomwêreld. STASS NEL (12D) MEMORIES Sitting on the church bench, tightly surrounded by my parents, uncles, aunts and cousins, all the memories come flooding back. The times when we used to walk to the nearest park and play until I collapsed on the long grass with a mixture of exhaustion and total joy. The times when I helped her make homemade bread; my little hands not able to properly knead the dough but that not bothering her one iota. It all came flooding back. I remember the small wool beanies she would knit for me during the winter, and the box of sweets she would always have at the ready whenever I came to visit. The delicious rusks she would make every weekend and present to us with a smile on her face is not something I will forget anytime soon. That and all my hockey matches that she would come and watch, always cheering me on from the sideline. The longer the memorial service went on, the more I begin to miss her. I miss her reading me a bed-time story and kissing me goodnight. I miss her strong, cheerful voice and hearing her talk about her beautiful garden. I miss everything; the stories she used to tell me and the life-lessons she used to teach me, patiently explaining something until my mind grasped it. I miss it all. As a tear starts to roll down my cheek slowly, I realise I didn’t appreciate her enough. I was never truly thankful about everything that she did for me and all of her own time that she gave up for me. Another tear. I start to feel guilty about all the times I would cancel visiting her at the last minute and all the times I would only pop in briefly, not really wanting to stay at her house for too long. I knew that I was her little darling. I knew that she would do anything for me. I knew that, regardless of my actions and choices in life, she would always love me. And yet it went from days between seeing her to weeks, and eventually, months. I just was not grateful for her love. By now the tears are streaming down my face, flowing like her fingers used to flow over the black and white keys of the ancient piano. I know that my grandmother adored me and considered me her little darling! Now that she isn’t here anymore, I just wonder how different things would be right now if I had just made her my darling. ULRICH LE ROUX (10C)

96 BOISHAAI 151 YEARS

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online