Boishaaier 2019

HULDEBLYK – ELMARI GAUM

ELMARI GAUM

E l m a r i G a u m ( n é e S c h m i d t ) i s i n P o t c h e f s t r o o m g e b o r e e n s y m a t r i k u l e e r i n 1 9 6 7 a a n H M S B l o e m h o f . N á s k o o l v e r k r y s y ’ n B S c - g r a a d m e t B o t a n i e e n S o ö l o g i e a s h o o f v a k k e a a n U n i v e r s i t e i t S t e l l e n b o s c h e n v o l g d i t o p m e t ’ n o n d e r w y s d i p l o m a . S y begin haar onderwysloopbaan as Biologieonderwyser in Riversdal. Sy hou deur die jare skool by onder andere La Rochelle en Paarl Gimnasium en is die afgelope 23 jaar by HJS. wedstryde te speel. Die groot gholfbyeenkomste het sy self gereël. Elmari was self vroeër jare ’n kranige gholfspeler, en dan het sy het ook baie ander talente soos dat sy sonder om te oefen voor ’n klavier kan gaan sit en ’n musiekstuk speel asof sy dit elke dag doen. Sy is ook knap met naaldwerk en tuinmaak en was in haar jong dae ’n ballerina, selfs tot na haar eerste dogter se geboorte. Haar liefde vir die kunste het sy aan haar dogters oorgedra vandat hulle klein was.

In 1972 trou sy en Willem Gaum in die Paarl en vestig hulself ook in dié dorp. Hulle het twee dogters, Liezl en Leoni, wat saam met Willem steeds net van haar aandag, tyd en liefde kan getuig en sy kan deesdae haar ervaring in opvoeding toepas op haar vier geliefde kleinkinders, Benjamin, Martin, Carla en Reyneke met wie sy ure kan sit en gesels oor die wonders van die Skepping. Elmari het ’n ongelooflike omgee-hart vir mense met ’n passie vir opvoeding en die natuur, en dít is duidelik in die manier waarop sy haar liefde vir haar vak aan al die kinders wat sy deur die jare onderrig het, oorgedra het met ’n entoesiasme wat nooit getaan het nie. Sy is ’n gerespekteerde onderwyseres en gaan vir seker gemis word, nie net voor die swartbord waar sy haar vakkundigheid oorgedra het nie, maar ook waar sy oud en jonk menigmaal met hartsake bygestaan het met haar bereidheid om te luister en praktiese raad te verskaf. Sy is ’n geliefde gholfjuffrou wat die seuns wyd en syd in die skoolbussie rondgery het om te oefen en

Elmari het baie jare lank die gemeenskap gedien waar sy en Willem onder andere vir tien jaar lank feitlik elke naweek seker gemaak het honderde straatmense in die dorp kry ’n bakkie warm kos om te eet en warm komberse om onder te slaap. Sy offer soveel van haarself op, sonder om ooit iets terug te verwag – voorwaar ’n voorbeeld om na te streef en van hoe om die vrugte van die Gees te dra. Ons is dankbaar om hierdie juweel van ’n mens so lank in HJS te kon beleef. Mag ons Vader haar seën vir die volgende hoofstuk in haar lewe. leoni sieberts

6

BOISHAAI 151 YEARS

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online