Boishaaier 2019

HULDEBLYK – ARINA DE CLERK

ARINA DE CLERK

S e d e r t A u g u s t u s 1 9 8 0 m a a k h i e r d i e y s t e r v r o u h a a r d r i e k i n d e r s , t o e 6 , 1 0 e n 1 2 , a l l e e n g r o o t . S y g e e a l l e s w a t s y h e t v i r h u l l e . D i t s l u i t n i e n e t a a r d s e d i n g e i n n i e , m a a r o o k a a n d a g , t y d e n l i e f d e .

O ngeveer twee jaar later verhuis sy en haar kinders vanaf hul plaas, Sagtevlei op Tulbagh, na die Paarl. Sy moet sterk wees, want die kinders huil hul harte uit! Tydens hierdie traumatiese ervaring word hul oupa, haar pa en steunpilaar, met ’n terminale siekte gediagnoseer. Hulle pendel dus naweke na oupa toe en terug. In die Paarl hou sy by Bergrivier Sekondêr buite Wellington skool en kantoorwerk by die destydse Onderwyskollege in die Paarl, totdat sy haar voete binne HJS se terrein sit. Dit is hier waar sy vriende maak, haarself uitleef in haar werk en die kinders en deel raak van die hegte HJS-familie. Sy LEWE vir die skool, sy kinders, aktiwiteite en veral die sport. Sy het in 1988 begin as laboratoriumassistent en ’n paar jaar later oorgeskuif na die sekretariële pos. Maar behalwe daarvoor reël sy ook talle funksies, maak konsertklere, gordyne en vele meer, stik honderde rugbynommers aan truie, tik getuigskrifte, vraestelle, werk baadjieknope aan en doen veel meer as wat mens kan noem. Die 65-merk het vir haar net te vinnig gekom en aan die einde van 2008 roep sy die kantoor vaarwel en skuif agter die afrolmasjiene in. Miljoene papiere in die vorm van rugbyprogramme, boeke, vraestelle, roosters, ensovoorts is deur haar hande. Steeds het sy baie tikwerk gedoen en funksies gereël. Op persoonlike vlak het sy twee dogters, Carien van Huyssteen en Ester Potgieter, asook een seun, JC de Clerk. Sy is geseën met die rykdom van sewe kleinkinders wat elkeen ’n nou band met haar het.

Hierdie vrou, ma en ouma se lewe bestaan uit GEE: haar tyd, geld en liefde. Nee is nie sommer deel van haar woordeskat nie. Haar huis, koskaste, beursie en veral haar hart is altyd oop vir haar kinders en kleinkinders. Arina spog ook met die maak van kaste vol klere, onder andere ’n paar trourokke waaronder dié van haar dogters en skoondogter. Toe haar kinders jonger was, was sy konstant langs die sportveld. En al was hul in verskillende skole, het sy nie sommer ’n wedstryd gemis nie. Vandag nog sal sy, waar moontlik, na die kleinkinders se wedstryde of selfs JC se krieketspan gaan kyk. As enkelma het sy haar kinders die geleentheid gebied om ná skool te studeer, ’n voorreg wat nie almal beskore is nie. Haar kinders is tans almal suksesvol in wat hulle doen. Arina is ’n sterk vrou wat nie huiwer om iets aan te pak nie. Dit is juis hierdie eienskap wat haar maak wie, wat en waar sy vandag is. Vele terugslae en teleurstellings het haar net altyd nog sterker gemaak. Haar ongelooflike talente en bereidwilligheid hou haar Haar besluit om HJS te groet, was ’n baie moeilike en lang proses. ’n Deel van haar hart bly daar en haar bloed bly blou. HJS is in haar lewe ingeweef. Hoe vergeet mens jou “ander” familie? Mag hierdie bloubloed voshaarnooi ’n lewe propvol liefde, geluk en gesondheid buite die grense van Boishaai ervaar! Ons salueer haar! Ester Potgieter konstant besig en sal altyd onthou word. Sy is voorwaar ’n merkwaardige vrou en ma.

4

BOISHAAI 151 YEARS

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online