Boishaaier 2019

LANDLOOP

LANDLOOP

G e d u r e n d e d i e t w e e d e e n d e r d e k w a r t a a l h e t o n s l a n d l o o p a t l e t e W o e n s d a e a a n b y e e n k o m s t e d e e l g e n e e m .

S es ligabyeenkomste is deur onderskeidelik Hugenote Hoërskool, Bridge House, Boland Landbou, Paul Roos Gimnasium saam met Hoër Meisieskool Bloemhof, Hoër Jongenskool Paarl saam met Hoër Meisieskool Paarl, en Hoërskool Paarl Gimnasium aangebied. Parel Vallei, Hoër Meisieskool La Rochelle en Hoërskool Labori het ook aan die byeenkomste deelgeneem. Die wedlope was elk 4 km lank en atlete het in ’n junior en senior afdeling deelgeneem. Ons atlete het hul gehandhaaf, met verskeie seuns wat gereeld onder die topvyf geëindig het. In die junior afdeling het Leonardo van der Werf en Storm Durr-Behrens hul onderskei en in die senior afdeling het Jannes Marais, Alexander Ockie Kruger en Dian Kruger ons aan die voorpunt verteenwoordig. Op Vrydag 10 Mei het ons landloopatlete in Bloemfontein aan ’n wedloop teen Grey Kollege deelgeneem wat deur Grey Kollege gewen is. Die Interskole-landloop het op 14 Augustus plaasgevind tydens die finale byeenkoms van die seisoen wat as ’n informele aflosbyeenkoms deur Paarl Gimnasium aangebied is. Elke span het uit twee atlete bestaan. Elke atleet het 1,8 km gehardloop. Ons junior spanne het die eerste drie posisies beklee en ons seniors die eerste vier posisies. Jannes Marais het gereeld aan die Boland Landloop- ligabyeenkomste deelgeneem. Op Saterdag 17 Augustus het hy ook by die Boland Landloop-kampioenskap in Dal Josafat ’n tiende posisie in die wedloop vir seuns o. 17 behaal.

Die seisoen was weereens geslaagd gemeet aan die aangename gees wat daar geheers het en die geesdrif waarmee deelnemers besiel is. Ons was verheug oor die toename in die getal seuns van HJS wat hierdie seisoen deelgeneem het. Dit was werklik ’n voorreg om elke week in ’n pragtige omgewing te hardloop. Onder die bekwame leiding en entoesiastiese afrigting van mnr Rayno Snyman het ons atlete pragtig presteer. Baie dankie aan ons atlete wat gereeld geoefen en deelgeneem het. Ons is trots op julle. Die uitslae van die spankompetisie vir 2019 was soos volg:

SEUNS

Skool

Juniors

Seniors

Totaal

HJS

161

138

299

Hugenote

39

42

81

Gim

24

29

53

Landbou

16

34

50

Paul Roos

26

16

42

Parel Vallei

0

13

13

Labori

6

3

9

Bridge House

0

0

0

Totaal

272

275

547

Ons het dus weer in 2019 as wenners van die ligabyeenkomste uitgetree.

LANDLOOP Agter: Chris Nel, Marno Yzelle, Jannes Marais, Matthew Birch, Christiaan Senekal, Ziaan van Zyl, Liam Carruthers, Sean Tolken Middel: Shane-Joshua Adams, Lourens Kotzé, Leonardo van der Werf, Tristan O’Malley, Storm Durr-Behrens, Dian Kruger, Alexander Kruger, Jack de Swardt, Rossouw Malan, Bayanda Kula, Deon du Plessis, Rudolph van Heerden Voor: Divan van der Bank, mnr D Swart, Rossouw Erwee, me K le Roux, Thomas Hudson, mnr R Snyman, Gerhard Kotzé

121 BOISHAAI 151 YEARS

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online