Boishaaier 2019

KRIEKET

KRIEKET

D i e k r i e k e t s e i s o e n h e t a f g e s k o p m e t ’ n s u k s e s v o l l e C a p e C r i c k e t F e s t i v a l - t o e r n o o i w a t d e u r H J S a a n g e b i e d i s e n w a a r i n a l t e s a a m v i e r e n t w i n t i g s p a n n e ( w a a r o n d e r o n s e e r s t e k r i e k e t s p a n e n o n s o . 1 5 - s p a n ) d e e l g e n e e m h e t .

B ehalwe vir die jaarlikse ligawedstryde het HJS ook ’n suksesvolle kriekettoer na George, Durban, Graaff-Reinet en Pretoria onderneem. Verskillende ouderdomsgroepe het by die onderskeie toernooie deelgeneem. Daar is hierdie jaar verskeie prestasies op krieketgebied behaal. Hierdie prestasies is op ons Brugstraat-velde aangeteken wat ’n aanduiding is van hoe goed ons krieketgeriewe vanjaar was. Ons wil ons terreinpersoneel onder leiding van mnre Hennie Carstens en Johan Swart bedank vir hulle harde werk om ons velde in so ’n uitstekende toestand te hou. Ons is baie dankbaar vir hulle harde werk. Van jaar se BPL was ook een van die hoogtepunte op die krieketkalender. Ons gassprekers, mnre JP Duminy, Jody Martins en Martin van Jaarsveld, het al drie het bygedra tot ’n baie suksesvolle Gala-aand in Paarl se stadsaal. Agtien wedstryde is oor drie dae gespeel om hierdie jaar se wenner te bepaal. met die Bandits wat as 2019 se BPL-wenspan uitgetree het. Dan was daar drie driekunste met die bal: SJ Lienbenberg, Rian Leibold en Samrique Kayster was die manne met dié uitsonderlike prestasie. Baie dankie aan al die borge wat die BPl moontlik gemaak het. Michael Papenfus, Johan Cronjé (Boland o. 15A), Reece du Plessis en Achille Cloete (Boland o. 18A) is ons provinsiale verteenwoordigers hierdie jaar.

Ons is baie trots op ons krieketspelers en die resultate, gedrag en deelname was weereens van ’n hoë gehalte. Ons kolwers spog met agt honderdtalle en ons boulers met sestien vyfpaaltjievertonings! Ons 1ste XI speel sewe en twintig wedstryde waarvan ons sewentien wen, drie gelykop eindig en

slegs sewe wedstryde verloor. Van die sewe wedstryde wat ons verloor het, sluit in vier voorseisoense wedstryde, een wedstryd in die Cape Schools-toernooi, een wedstryd in ’n T20-kompetisie en slegs een ligawedstryd. Die eerste span het dus ’n baie goeie seisoen agter die rug en die hoogtepunt is vir seker die Interskole-wen met vier paaltjies. Baie dankie aan al ons afrigters en ons

spelers vir die manier waarop julle HJS hierdie jaar verteenwoordig het. Ons dank ook aan al ons ouers vir hul toewyding en ondersteuning deur die jaar. Sonder julle is dit nie moontlik nie. Dankie ook aan ons terreinpersoneel vir die lang ure in die son om dit moontlik te maak om te speel. Ons sê ook dankie aan al ons borge wat dit moontlik maak om ons spelers en fasiliteite die geleentheid te gee om te groei.

U19A Back: Neil Bekker, Wessel Roos, Wiann van der Merwe, Daneel Swanepoel, Divan Swanepoel, Kyle Doubell, Johan Cronjé, Jett Marsberg, Michael Papenfus, Kyle Nasson Front: Brenton Manuel, Ms L Duckitt (conditioning), Mr M van der Merwe (coach), Juan Burger (c), Mr G Jardine (coach), Emile Scriba, Mr D Swart (headmaster)

109 BOISHAAI 151 YEARS

Made with FlippingBook - professional solution for displaying marketing and sales documents online