Boishaaier 2023

Kreatiewe Skryfstukke

Boeke kan jou laat bloei Gysbert le Roux – Graad 11

Bittersoet herinneringe Jakobus Kruger – Graad 11

Al wat George vir die afgelope elf jaar aan kan dink, is die dag toe sy lewe omgedolwe is en uitmekaar geval het. Sy ouers se dood, met geen familie of vriende wat hom wou inneem nie, wel, nie na wat hy gedoen het nie. Dit beteken dat hy van huis na huis is elke keer as sy “nuwe” ouers uitgevind het wat hy gedoen het. Die fluitgeluid van sy selfoon ruk hom uit sy beswyming. Sy hande bewe van afwagting. Hy lees die boodskap met ’n verstomde uit drukking op sy gesig. “Dis die biblioteek … hulle het my aansoek aanvaar,” sê hy ongelowig. Ekstase vloei deur sy lyf. Hy het gedink dat hy nooit sou kon werk kry nie. Nie na wat hy gedoen het nie, Die volgende dag, op pad busstop toe, sluit hy die deur van sy nuwe woonstel wat hy met sy erfgeld gekoop het. Onafhanklikheid is nog soet op die tong na elf jaar se parasitiese lewe op ander se goedgun stigheid. Op die bus slaan hy ’n koue sweet uit. Die eerste indruk is die belan grikste. Hierdie sal die bepalende dag wees. Toe hy die biblioteek binnegaan, let hy al die kameras in die hoek van die gebou op en die tralies teen die vensters. ’n Biblioteek het seker nie soveel sekuriteit nodig nie? Dis tog ’n klein dorpie. Die bibliotekaris kom om die hoek gehinkepink. Met skewe, geel tande, rooi rot ogies wat uit sy oogbanke peul, ’n krom rug en ’n been wat langer lyk as die ander. Kortom, hy lyk soos ’n fiktiewe sprokieskarakter. Sy eerste opdrag aan George is om die ou boeke te herbind. Toe George deur die boeke blaai, besef hy dat sekere woorde op elke bladsy herhaal word, ander woorde in elke hoofstuk. Nadat hy alles neergeskryf het, lees hy: “Herenig my met my familie en kry jou lot.” Hy frons en dink ’n oomblik. Dan besef hy ’n boek se familie is die volgende een in die reeks. Hy kyk agter in die boekrak en vind die volgende een in die reeks. Toe hy dit vind, plaas hy die raaiselboek langsaan hierdie boek op die rak. Soos wat sy vingers van die boek afgly, maak ’n valhek oop, en ’n oomblik later is alles donker. Hy tref die grond met ’n harde slag. Toe hy verward opkyk is die valhek toe. Die kamer is oud, stowwerig en belig deur ’n enkele kers. Hy sien geen vensters nie. Sy hart klop harder en harder. Hy kom met ’n kreun orent. Sy oë val op ’n tafel waarop ’n boek lê wat rooi glinster in die dowwe kerslig. Hy kreukel sy neus: Hoe kom hy nou eers die geweldige stank agter? Hy stap nader, plaas sy hand nuuskierig op die boek maar ruk dit vinnig weg. Rooi, taai vloeistof kleef aan sy hand. Sy ouers se glaserige oë flits deur sy gedagtes. Bloed orals. ’n Skalpel in sy hand. Sy disseksieboek vol bloed. Toe daar nie kadawers was nie, moes hy ’n paar maak … Hy neem ’n skerp asemteug toe hy ’n brandende steekpyn tussen sy skouerblaaie voel. Hy begin hoes, proes en stik aan die bloed wat sy longe binnedring. Hy val neer op sy knieë en sien hoe die bibliotekaris na hom kyk. “Soos jou ouers sal jy nou as gevolg van boeke bloei.”

Die sleutel draai moeilik in die geroeste slot van Seestraat 22 se voordeur. Die houtdeur kraak oop en my swart pak word gegroet deur ’n wolk van stof wat my laat nies. Ek neem ’n tree oor die drumpel. Die herinner inge verskyn soos huidige gebeure voor my – al die kinders hardloop rond en lag en baljaar en is vol plesier en … Ek stap deur die verlate leefarea. Alles is toegegooi met vaal lakens – asof hier nooit mense gebly het nie; vergeet van my ouma en oupa twee maande gelede. Alles het so vinnig gebeur. Die heerlike aromas van ouma se kersete lok my na die kombuis. Ek sien al die bakke kos op die eiland voor my in die middel van die kombuis – die bont kleurvolle koekstruif, die skaapboud wat almal se monde laat water het, die gebraaide aartappelskywe. Ek kug van die stof en breek die klanke van lewendige herinneringe op. Dooie, verlate stilte dwaal oor die vertrek. Ek stap stoep se kant toe en skuif die glasdeure oop. Die see suis deur my nostalgiese gedagtes en die seebriesie, gepaard met die liefdevolle herinneringe, laat my oë brand. Ek vee my oë uit en keer na binne. Tree vir tree wieg ek in die gang af. Ek bekyk al die fami liefoto’s teen die muur – al die familieherin neringe. “Al foto’s wat ons nou het, is begrafn isfoto’s,” fluister ek vir myself in ontkenning. ’n Bruin kamerdeur verbreek die beeld van die swerm foto’s voor my. Dis die … wás die kinders se kamer. Ek herleef hoe ons vir mekaar spookstories vertel. En hoe ons almal skater van die lag wanneer Jan te bang raak en by mamma gaan slaap. Ek voel hoe my mondhoeke optrek, maar hoe my oë rooi raak. Ek stap vinnig uit voordat ’n traan kan val. Oupa-hulle se kamer is aan die einde van die gang. Ek wil myself eers keer om in te gaan, maar skraap tog die moed bymekaar. Met die eerste tree in die kamer sien ek Oupa op sy russtoel in die wintersonnetjie sit en lees. Ek haal die laken van die stoel af en gaan sit. ’n Walm van stof omhels my. The Journey of Life , die boek wat op bladsy een ses drie op die koffietafeltjie ooplê … oop asof oupa nou weer terug gaan kom van die badkamer af … ’n Traan rol oor my wang.

BOISHAAI 155 YEARS 95

Made with FlippingBook - Online Brochure Maker