Boishaaier 2023
Kreatiewe Skryfstukke
broers in blou Interskole 2023
Weg in die nag James Roberts – Graad 12
weke al weet jy dis die laaste keer om uit te draf saam met jou broers in blou weke al weet jy dit is ’n dag wat jy vir ewig en altyd sal onthou
Die skraal man se skoene gly oor die swart en rooi tapyt toe hy nader aan die groot hysbakdeure stap. Vir ’n oomblik gaan staan hy toe ’n wit lig deur ’n venster op die derde verdieping van die gebou aan die oorkant van die straat sy aandag trek. Die lig skyn helder in die aandlug. Sy aandag word versteur wanneer ’n enorme man in ’n blou oorpak hom met ’n groot slag omhardloop. “Ekskuus.” Die man kyk na die naamplaatjie op die skraal bors wat hier voor hom op die grond lê. “Inspekteur Jacques”. Jacques staar op na die figuur bo hom. Sekerlik ’n skoomaker of ’n nutsman. Hy probeer uitmaak wat op die skoonmaker se bors staan, maar daar is net ’n bloupers vlek waar die naam moet wees. Voordat hy kan opstaan, verdwyn die man agter ’n deur gemerk: “Employees only”. So, hy ìs ’n werknemer. Jacques loop by die hysbak in, let die afgedopte verf, die gekraakte dak en die deure wat nie heeltemal agter hom seël nie op. Hy probeer sy oë keer toe hulle onwillekeurig ronddwaal op soek na detail wat uit plek lyk. Hoe moeilik is dit tog om af te skakel – selfs op ’n verdiende vakansie! Hy blaas stadig asem uit, kalmeer homself en loop by die nou gang af: ... 24, 26, 28 ... tel hy saam met die nommers op die wit eiekhoutdeure. Hy stop. Hy hét dit gehoor, ’n baie bekende geluid, effens verdof deur die stewige mure – die klank van glas wat teen hout versplinter. Die inspekteur voel aan die deurknop en is verbaas dat die slot geen weerstand bied nie. Die deur swaai voor hom oop. Binne is dit chaos: laken op die vloer, stukke glas op die grond, ’n kaalkop man op die rusbank met ’n potlood en papier langs hom – oënskynlik leweloos. Die inspekteur haal diep asem en onderssoek ouder gewoonte die toneel: die kaalkop-man toon geen pols nie, sy vel is steeds warm. Die papier en potlood skep die idee van selfdood, maar die gekrabbel laat dit verdag lyk. Afgejaag, dink hy. Hy staar vir oomblikke na die lyk se oopgeknoopte kraaghemp met bloupers spatsels daarop. Hy loop na die venster en delf diep in sy geheue – op soek na daardie bekende kleur. Drie verdiepings laer, in die straat, sien hy hoe die man in ’n blou oorpak met die vlek op sy bors in ’n wit bakkie klim en wegjaag. Weg in die nag.
die Paarl snoes onder ’n miskombers die hokkieveld is nat gedou die drumline speel, die skare groei jy voer heelwat planne in die mou
as jy jou hart op die veld los en twee elk gelykop speel as almal opspring om in jou span se vreugde te deel:
hou vas aan jou broers in blou want hulle is opgewonde saam met jou
as jy nie net jou kleure dra nie, maar ook jou kleure bloei as jy 1-2 verloor en voel of jy met die ref moes stoei:
hou vas aan jou broers in blou want hulle staan bankvas agter jou
in Faurestraat het die mis gelig die GK skree, die senuwees kou dis nou die rugbymanne se beurt die oomblik kom amper te gou
as jy drieë druk en oorskop, sien hoe jou planne uitwerk as jy 17-15 wen en jy weet jy los jou merk:
hou vas aan jou broers in blou want hulle jubel en juig saam met jou
as die land se oë op jou rus, jy halftyd 0 teenoor 20 het as jy op water loop, jy alles insit om jou span te red
as die eindfluitjie blaas en jy met 17-20 verloor as teleurstelling oor jou spoel, dit voel of jy gaan ver smoor:
hou vas aan jou broers in blou want hulle lig jou weer op en dra jou
of jy gelykop speel, verloor of wen dis jou broers wat jou die beste ken:
so, hou vas aan jou broers in blou laat toe dat hul arms jou omvou
as jy jare later in die wedstryd van die lewe speel as jy iemand soek om jou lief en leed te deel:
reik uit na jou broers in blou want hulle is altyd daar vir jou Juffrou Bestbier - Aug. 2023 -
94 BOISHAAI 155 YEARS
Made with FlippingBook - Online Brochure Maker