BOISHAAIER 2016

Message from the Headmaster MESSAGE FROM THE HEADMASTER

Mnr. D Swart SKOOLHOOF

voorstelle of vrae het, kan u gerus mnr. Malan kontak. Ek sluit af deur te verwys na die onstuimige jaar wat ons maar almal op een of ander vlak beleef het. Gelukkig weet ons dat die meule nooit weer sal maal met die waters wat verby is nie, soos CJ Langenhoven tereg gesê het nie. Dit wat agter ons is, is onherroepelik verby, en dit bly maar die toekoms wat ons onverdeelde aandag nodig het. Daarom lig ek blymoedig saam met u ’n glasie, en sê met ’n lied in die hart: Ons sien uit daarna om jou

binne die wêreldopset. Baie ouers maak daarvan geen geheim dat hulle hul kinders by die HJS inskryf omdat die skool ’n reputasie het vir die ontwikkeling van gedissiplineerde, goedgemanierde, welaangepaste indiwidue wat in staat is om ’n werklike verskil aan hul omgewing te maak nie. Ouers moet besef dat, die oomblik as selfs die geringste minagting en ondermyning van die tradisies en effektiwiteitsgedrewe reëlings plaasvind, dit hierdie basis wesenlik dwarsboom en selfs kan vernietig. Soos ek reeds by geleentheid gesê het: Dis soos om die klein klippies onder Paarl-rots een vir een uit te kalwe; die enigste resultaat kan slegs wees dat dié manjifieke klipstruktuur neerstort en alles in sy pad vernietig. One of our previous headmasters, Mr Louis Knoetze, always referred to Paarl Boys’ High by using the Latin expression, Primus inter pares – First among equals. I want to emphasize that maintaining this should be the priority for us all. As I’ve said in the past: to say that a school is a business, is just foolish. The school is the battleground where that which makes us human, is either retained or lost. Een van die groot gebeurtenisse waarna ons natuurlik uitsien, is die viering van die skool se honderd-en-vyftigjarige bestaan in 2018. Onder leiding van die direkteur van operasies, mnr. Danie Malan, is dinge reeds fluks aan die vorder. Indien enigiemand hieroor

van nader te ontmoet, 2017! Tandem Fit Arbor Surculus.

Die volledige jaarverslag is op die skool se webwerf beskikbaar. www.paarlboyshigh.org.za

2016 PAARL BOYS’ HIGH SCOOL | 5

Made with FlippingBook Online newsletter creator