BOISHAAIER 2016
Culture CULTURE
DRUMLINE Die drumline het vanjaar weer eens ’n baie goeie jaar beleef. Die manne se musikale kreatiwiteit is alreeds tydens die kultuurkamp getoets, aangesien hulle weer eens gevra is om by die 4M-meisiesatletiekbyeenkoms te speel. Die drumline het by verskeie formele funksies opgetree, naamlik die Piekniekkonsert, die Blue Grey-aand tydens Grey Kollege se toer hier, die kultuuraand tydens Affies se skoolkoortoer na die Kaap, die OSU se “Legends”-veiling en die Musiekfees. Hierdie jaar het die drumline vir die eerste keer aan die Paarl-Vallei Eisteddfod deelgeneem waar hulle ’n uitstekende goud behaal het.
Hulle is natuurlik verantwoordelik vir die opbou van die gees tydens groot rugby- en hokkiewedstyde, onder andere teen Grey, Paul Roos en tydens Interskole, waar hulle vanjaar weer hulle staal gewys het. Die manne is ook hierdie jaar gevra om tydens die SA-skolewedstryd teen Engeland te speel. Die onderwyser wil graag die matrieks van hierdie jaar bedank vir hulle entoesiasme en deursettingsvermoë, in besonder vir Dirkie Joubert wat die boot op koers gehou het.
DRUMLINE Agter:
Tielman Joubert, David Courie, Walter Travers, Samuel Taskes, Carlyle Damons Middel: Shane Cornelissen, Werner Keyser, Ben Borcherds, Latham Truter, Joshua Sendin Voor: Benjamin Loubser, Ludwig Crous, Erikus van Dyk, me. B Goldstone, Dirkie Joubert, Willie de la Bat, Carl Landsberg
HJS SERENADEGROEP Agter:
Thomas Engela, Theuns Briers, Peter Meihuizen, Andrew Geldenhuys Middel: Mthunzi Matshabane, DA Smuts, Daniël Goosen, De Witt van der Merwe, Simon Schouteden, Simon du Toit Voor: Jacques Botes, Liam Dixon, me. E Theunissen, Rinus Fleischmann, me. M van der Merwe, Henlo Swart, Jonathan Malan
2016 PAARL BOYS’ HIGH SCOOL | 65
Made with FlippingBook Online newsletter creator