BOISHAAIER 2016

Culture CULTURE

MUSIEKFEES

ORKES Vanjaar was ’n besige, maar suksesvolle jaar vir HJS se Blaasorkes.

PIEKNIEKKONSERT Bonsoir, mesdames et messieurs! Met hierdie woorde en Jan-Meyer Verhoef se betowerende trekklavierklanke het ons Piekniekkonsert – vanjaar met ’n Franse flair – afgeskop. Soos altyd was dit ’n aand propvol sielsverrykende ervarings en lekker vermaak. ’n Ongetwyfelde hoogtepunt was die onderwysers wat aan die konsert meegedoen het, en selfs mnr. Swart, met sy blues-kitaar, het kom wys hoekom hy vir seker die cool-ste hoof in die hele land is! Almal is dit eens dat die standaard van die seuns se spel die afgelope paar jaar baie verhoog het en dat ’n vertoning van hierdie kaliber enige dag op ’n professionele verhoog kan plaasvind. blaasorkes het hierdie konsert geopen met ’n lewendige keurspel van hierdie kitaarlegende. In 2017 poog ons om weer eens die orkes te vergroot om vir meer leerders hierdie wonderlike geleentheid te bied waar hulle deel kan wees van ’n unieke kunsvorm en groep musikante wat as ’n span musiek maak en dit geniet. ~ Chick Corea ~ Die jaar het afgeskop met die kultuurkamp by Bergkroon, net buite Wellington. Tydens hierdie oefenkamp kry die orkes die geleentheid om nuwe musiek aan te leer wat dan by verskeie geleenthede deur die jaar gebruik word. Die buitelug-piekniekkonsert in Maart is altyd ’n treffer. Vanjaar het die orkes ook deelgeneem aan die Helderberg Eisteddfod se orkesafdeling waar hul Goud- plus behaal het. By die Paarl-Vallei Eisteddfod het die blaasorkes hul opeklasafdeling gewen met ’n welverdiende Cum Laude. Die blaasorkes het ook tydens die prysuitdelingsfunksie van dié Eisteddfod in die Paarlse stadsaal opgetree. Die jaarlikse musiekfees is die HJS Blaasorkes, Cantare, en musiekdepartement se vlagskipgeleentheid. Dit was ’n groot sukses en soos altyd ’n plesier om na die semiprofessionele blaasorkes WindWorx te luister. Vanjaar se massa-orkesitem “Smoke on the Water” het groot aanklank by die leerders en gehoor gevind. Die orkes is een van die skool se kulturele uitvoerprodukte en tree by verskeie geleenthede deur die loop van die jaar op, soos die opedag vir 2017 se graad 8’s, die huidige matrieks se uitstapdag, asook die prysuitdelingsgeleentheid. Die jaar se bedrywighede is afgesluit met ’n unieke “Blues@Boys”-konsert waarby daar geld ingesamel is vir Eric Clapton se CrossRoads-organisasie. Hierdie konsert het ’n effens ander baadjie aangehad vergeleke met die vorige Kerskonserte. Daar is meer fokus geplaas op die elektriese en akoestiese kitaarleerders wat andersins nie by die ander geleenthede optree nie. Verskeie Eric Clapton-liedjies is opgevoer en die

“The sound of the orchestra is one of the most magnificent musical sounds that has ever existed.”

2016 PAARL BOYS’ HIGH SCOOL | 63

Made with FlippingBook Online newsletter creator