BOISHAAIER 2016

Culture CULTURE

NOODHULP Agter: Dafydd Kordom, Preeshan Govender, Josh Steenkamp, Jacobus Kritzinger, Leopoldt Nöthling, Christiaan Senekal Voor: Ti-yu Chiu, Jack Chiu, Ms M Steinmetz, Jonathan Malan, Wynand Viljoen

Die noodhulpfasiliteite by Brugstraat se sportterrein is vanjaar verder opgegradeer en is nou ’n pronkstuk van HJS. Anzel Brink, ons fisioterapeut, bedryf haar praktyk vanuit die noodhulpfasiliteit en doen Saterdae noodhulp daar. Dr. Kobus Uys is meestal die dokter aan diens en die verbeterde fasiliteite is aan hom te danke. Die getal seuns van HJS wat noodhulp doen, het gegroei. Ons noodhulpvoorsitter, Jonathan Malan, het hom elke Saterdag goed van sy taak gekwyt. Jack Chiu, ons karretjiebestuurder, was tydens wedstryde ’n steunpilaar met die vervoer van beseerde pasiënte. Preeshan Govender en Ziyaad Fredericks was ons ander matrieks

wat ook elke Saterdag hard gewerk het. Ti-Yu Chiu is 2017 se voorsitter. Nuwe toevoegings tot die noodhulpspan is Wynand Viljoen, Jaco Kritzinger, Leopold Nöthling, Josh Steenkamp, Dafydd Kordon and Christiaan Senekal. Noodhulp word by rugby-, hokkie- en atletiekwedstryde verskaf en Cape Commumed stuur altyd verskillende spanne na die verskeie sportsoorte toe. Cape Commumed is ons ambulansdiens en belangrikste noodhulpbeamptes en hierdie vennootskap strek oor baie jare. Dankie ook aan hulle.

2016 PAARL BOYS’ HIGH SCOOL | 57

Made with FlippingBook Online newsletter creator