BOISHAAIER 2015
BOODSKAP VAN DIE SKOOLHOOF
Mnr. D Swart Skoolhoof
Gaudeamus igitur, Iuvenes dum sumus Die sing van hierdie lied dui onmiskenbaar aan dat nog ’n jaar inderdaad op reis is die vergetelheid in. Juis daarom is dit so van pas dat dit tydens die HJS se jaarlikse prysuitdeling gesing word, waar die jaar by wyse van die lewer van die skoolhoof se jaarverslag in oënskou geneem word, en die volle spektrum van die jaar se prestasies, hetsy dit op die gebied van akademie, sport, kultuur of leierskaps ontwikkeling is, gekroon word. Ek glo 2015 sal altyd ’n besondere hoogtepunt in die HJS se geskiedenis bly. Die volle verhaal is te vinde in die jaarverslag op die skool se webtuiste, maar ons noem net die volgende hoogtepunte: Almal is natuurlik bewus van die eerste en tweede rugbyspanne se sukses, maar ’n mens moet ook daarvan kennis neem dat die T20-krieketspan weer die nasionale eindronde gehaal het, dat die muurbalspan tweede in die land geëindig het en dat die Top-10- atletiekspan vir die eerste keer die Sentraal-byeenkoms in Bloemfontein gewen het. Verder het ons eerste gholfspan vir die derde keer in vier jaar die somerliga sowel as die skoleliga gewen en het ons eerste hokkiespan ’n rekordoorwinning in die interskole aangeteken. Die skool is ook op grond van al die rugbyspanne se prestasies, nie net die eerste span s’n nie, weer as die nr. 1-rugbyskool in die land aangewys. Op die akademiese front het die matriekklas van 2014 eweneens gepresteer, met ’n 100%-slaagsyfer, 90,4% universiteitsvrystelling, 34 A-simbole, en ’n tersiêre toelatingsyfer van 100%. Hierbenewens is die HJS weer deur Die Burger aangewys as een van die Wes-Kaap se topskole in Wiskunde. Op die kultuurfront het die blaasorkes ’n goue medalje by die Stellenbosch Eisteddfod ontvang, ons dramagroep het uitstekend gevaar by die ATKV-eindronde, en Cantare het hul afdeling in die eindronde van die ATKV Applous Koorkompetisie gewen. Dit was die jaar waarin ons gesien het dat HJS swaar afskeid neem van ’n onderwyser soos mnr. Sidney Bartlett wat die skool lank en met onderskeiding gedien het, maar soos Shakespeare gesê het, “Time and tide waits for no man”. Die lewe beur onverstoord vorentoe, en ons moet mee.
What is more important than just the bright shine of all the achievements in this year, is the human element behind it; the fact that it constitutes the mental forging of competent and effective young men, in my view so needed in this country. Some efforts were successful, some less so, but efforts they were, none the less, and therefore much more meaningful than the fruitless safety with which some individuals choose to cover themselves. There were tears of happiness, tears of disappointment, and tears of joy, with each tear constituting another building block in a strong character, fully equipped to make a positive difference in a negative world. As Gary Player once said: “Do not avoid hardship and struggle; struggling, perhaps more than success, is what makes you strong.” We thank our Good Lord for blessing us all in this way. We would therefore like to thank everybody who supported us, even if only with a kind word, for their loyal involvement. Paarl Boys’ High remains a place with so many things to enjoy for everybody, and those who choose to do so will always be welcome. Laat ons dan 2015 gepas afsluit met die werklike betekenis van Gaudeamus Igitur voorop in ons gedagtes: Gaudeamus igitur, Iuvenes dum sumus;
Post iucundam iuventutem, Post molestam senectutem Nos habebit humus. Let us therefore rejoice, While we are young; After our pleasant youth, After a troublesome old age The earth will hold us.
Ons vier ons jeug (relatief soos dit mag wees!) en bowenal die voorreg om by hierdie besonderse instansie betrokke te wees. Kom ons sê ook daarmee vir mekaar dat ons uitsien na die uitdagings en swaarkry van 2016, want daarin lê die ware groei en ontwikkeling! Tandem Fit Arbor Surculus Derek Swart Skoolhoof
8
Made with FlippingBook - Online magazine maker