BOISHAAIER 2015

Agter: Shane Cornelissen, Werner Keyser, Jon-Claude Pheiffer, Tielman Joubert, Walter Travers, Marcelo Bassi, Ludwig Crous, Dirkie Joubert, Brandon Wightman Voor: Darren Minnies, Willie de la Bat, Christopher Williams, me. B Goldstone, Christopher Kruger, Alex Keyser, Ben Borcherds

DRUMLINE

Vanjaar het veral hulle formasies toeskouers gaande gehad. Hulle het alreeds tydens die kultuurkamp hulle eerste tromritmes en formasies ontwikkel. Die manne is gevra om tydens die 4M, die meisies se jaarlikse atletiekbyeenkoms, te speel en ná die tyd was almal aan die gons oor hul optrede. Vanjaar het hulle formasies toeskouers veral gaande gehad en hulle het telkens ’n interessante, uitstekend afgeronde vertoning gelewer. Die Drumline het by verskeie formele funksies opgetree, naamlik die Piekniekkonsert, die Kultuuraand tydens Grey, die laaste aand tydens ons skool se eie Koorfees, asook die Orkesfees. Hulle dra natuurlik grootliks by tot geesbou tydens groot rugby- en hokkiewedstyde (onder andere teen Outeniqua, Grey, Paul Roos en tydens Interskole) en het vanjaar weer eens hulle staal gewys. Die onderwysers wil graag die matrieks van vanjaar bedank vir hulle entoesiasme en deursettingsvermoë – in die besonder Christopher Kruger, wat sy posisie as leier baie ernstig opgeneem het en wat die Drumline tot nuwe hoogtes gevoer het, asook Marcelo Bassi en Alex Keyser vir hulle insette.

71

Made with FlippingBook - Online magazine maker