BOISHAAIER 2015
KULTUUR
ENGLISH OLYMPIAD
Janco Boshoff Merit
Rinus Fleischmann Silver
Torsten Babl Bronze
Vireshen Govender Bronze
Jack Chiu Merit
Daniël Goosen Merit
Connor Longmore Merit
Lodric Roux Merit
Jonathan Malan Merit
PROGRAMMERINGSOLIMPIADE
Torsten Babl het na die finale ronde van die programmeringsolimpiade deurgedring. Die eerste ronde van dié olimpiade, waaraan meer as 100 skole deel geneem het, word plaaslik by die skole geskryf. Die antwoorde word aanlyn ingestuur, waarna die skole deur die beoordelaars genader word indien hulle leerders se kodes wil nagaan. Die finaliste word volgens die kwaliteit van die leerders se kodes bepaal. Torsten Babl se kode is aangevra en op grond hiervan is hy deur die beoordelaars na die finale ronde genooi. Uit die meer as 4 000 leerders wat deelgeneem het, is slegs veertien leerders betrokke by die finale ronde, wat 9-12 Oktober 2015 by Universiteit van Kaapstad plaasgevind het. By hierdie finale ronde, wat oor twee dae gestrek het, moes die leerders ses probleme
oplos. Die aard van die probleme was om ’n effektiewe algoritme te skep wat min hulpbronne van die rekenaar gebruik om dit op te los. Die geleentheid is met ’n gala-ete by Nuweland afgesluit. Hier verwerf Torsten Babl ’n sertifikaat van deelname in die Nasionale Programmeringsolimpiade. Dit is die eerste jaar wat die Hoër Jongenskool Paarl aan hierdie olimpiade deelneem en ons is besonders trots op die goeie prestasie wat Torsten Babl behaal het.
Torsten Babl
REKENINGKUNDE OLIMPIADE
Morné Bester
Rinus Fleischmann
Wihan Marais
Jean van der Merwe
60
Made with FlippingBook - Online magazine maker