BOISHAAIER 2015
RUGBY
EERSTE RUGBYSPAN 2015
Afrigters: Sean Erasmus – Eerstespanafrigter Elmo Wolfaardt – Eerstespanafrigter David Sadie – Tweedespanafrigter Conrad Barnard – Skopafrigter Ryno Rust - Kondisionering Anzel Brink - Fisioterapeut Dr Kobus Uys – Spandokter Tim Goodenough – Motiveringsafrigter
in wie die seuns hul vertroue kon stel en met wie die seuns moeilike en goeie tye kon deel. Dan is daar ʼn skool vol passievolle seuns, onderwysers, oudstudente en ouers wat glo in die span. Alles tesaam vorm ʼn wenresep, maar van nog groter belang is dat dit ʼn familie vorm wat saamstaan, in mekaar glo en bereid is om die ekstra treetjie saam te neem om bo te kom. Ons sal altyd al die hoogtepunte onthou as ons terugkyk op ʼn uiters suksesvolle jaar gevul met strawwe wedstryde, geskiedenis wat gemaak is en vriendskapsbande wat versterk is. “You were not made to fit in, you were made to stand out! “ Sukses van ʼn seisoen kan op verskillende maniere gemeet word. Is dit die statistiek (speel 21,wen 21, teken 596 punte aan, 253 punte teen en 77 drieë in die seisoen), of is dit die hoeveelheid seuns wat mans geword het, of die waardes en vriendskap gekoppel met Christenskap en Boishaaier-wees? Ek wil dink dat al hierdie dinge bydra tot sukses, so ʼn bietjie van alles wat dan deur die speler verwerk word en omgekeer word in verantwoordelikheid en die wil om goed te doen en goed te wees in alles wat hy doen en voor staan. Dit som die manne van 2015 goed op. Goeie seuns wat goeie mans geword het en wat goeie rolmodelle was. Die groep van 2016 is reeds druk besig om hard te oefen en voor te berei aangesien die verwagtinge elke jaar soveel groter word. Oor een ding stem almal saam: ons wil seker maak ons raak nie net beter op die veld nie, maar hou aan om die kultuur van familie wees sterker te maak, mekaar te ondersteun, verantwoordelikheid te neem vir alles wat ons doen en bo alles, glorie aan God te gee vir ons talente en geleenthede! ETFG! “Stand for something or fall for nothing…”
Weer eens kom nog ʼn rugbyseisoen tot ’n einde – ’n seisoen gevul met opwinding, determinasie, geloof en samesyn, maar beslis nie een van teleurstelling nie! Die rugbyseisoen van 2015 sal altyd as ʼn spesiale jaar onthou word, nie net vir uitstekende vertonings deur al die spanne nie, maar ook omdat die eerste en tweede spanne in 38 wedstryde nie ʼn enkele wedstryd verloor het nie – voorwaar iets om op trots te wees! Die eerste span het 21 wedstryde gespeel teenoor die tweede span se 17. Die twee spanne het saam geoefen, saam getoer, saam swaar gekry en uiteindelik saam ʼn onoorwonne seisoen gedeel. Die grootste oorwinning was langs die veld waar die twee spanne op ʼn voorseisoense oefenkamp ʼn sterk band gevorm het en daar besluit het om saam ʼn besondere jaar te hê en hard te werk daarvoor. Die seuns het hulle waardes en doelwitte neergepen en besluit om die Here glorie te gee vir al hulle sukses in 2015. ETFG (“Every try for God”), David vs Goliath en What does it mean to you het die span se slagspreuke geword wat hulle moes herinner aan die doelstellings waarop hulle saam besluit het. Aan die stuur: ʼn puik kaptein, Andreas van Wyk, wat die span altyd eerste gestel het en wat met sy waardes en dade voorbeeldig gelei het. Agter die span: nog ʼn span afrigters en mediese mense wat die seuns se belange op die hart gedra het, mense
102
Made with FlippingBook - Online magazine maker