BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

kom S in uitlaatgasse voor, wat in die grond beland. Hierdie hoeveelhede S kan van 1-100 kg ha -1 j -1 wissel en is dikwels genoeg om in plante se behoeftes te voorsien. Heelwat S kom ook in die organiese fraksie van die grond voor, met N:S-verhoudings wat wissel tussen 10:1.2 en 10:1.5. Hierdie S word deur mineralisasie vrygestel. Swaweltekorte word nie by wingerd verwag nie deurdat S-bevattende swam beheermiddels in die verlede algemeen gebruik is en bemestingstowwe soos superfosfaat volop S in die vorm van gips bevat. Toestande gunstig vir S-te korte is o.a. hoë reënval, gebiede ver van industrieë of die see, ligte tekstuur gronde, oormatige bewerking wat afbreek van organiese materiaal versnel, die gebruik van S-vrye misstowwe en die verbouing van peulgewasse wat ’n hoë S-behoefte het. Die hoeveelhede S wat deur swambeheermiddels ingebring word, is deesdae ignoreerbaar min en bemestingstowwe is toenemend hoër konsentrasie, S-vrye verbindings of -mengsels, sodat die S-behoeftes van wingerd toenemend in gedagte gehou sal moet word. Onlangs is dan ook inderdaad ’n S-tekort by wingerd geïdentifiseer onder toestande soos hierbo genoem en waar ook nie van S-bevattende swambeheermiddels of kunsmis gebruik gemaak is nie. By wingerd is S-tekortsimptome nie spesifiek nie. Dit toon ’n ligte vergeling van blaarrande, bossie-agtige groei, lote wat terugkrul, barste in die bas van lootbasisse, rooi blaarstele, rankies en trosstingels in die geval van Cabernet Sauvignon en die hoek tussen die blaarsteel en hoofnerf wat afneem. By onderstokke vou die blare na bo, gepaard met duidelike bladrandchlorose en nekrotiese spikkels, veral op die agterkant van die blare, terwyl lote by sekere kultivars rooi verkleur (Fig. 17 & 18). Gipstoedienings is die mees praktiese en goedkoopste oplossing vir S-tekorte, maar herstel geskied geleidelik oor meer as een seisoen. Die jaarlikse S-be hoefte van ’n wingerd is vergelykbaar met dié van P en ’n toediening van 1 ton ha -1 gips behoort vir die leeftyd van die wingerd voldoende te wees. Volgens plaaslike norme vir die swawelinhoud van gronde, word ’n waarde van 0-4 mg kg -1 as “laag” beskou, teenoor “effens laag” vir 4-6 mg kg -1 , “bevredigend” vir 6-8 mg kg -1 , “goed” vir 8-12 mg kg -1 en “hoog” vir >12 mg kg -1 .

5

57

Made with FlippingBook Annual report maker