BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF
Magnesiumtekorte kan aangetref word op suur, uitgewaste gronde, veral sand, maar ook in gronde wat vry kalk bevat weens die antagonisme tussen Ca en Mg wat opname betref, soos algemeen in Europa aangetref (Fig. 13). ’n Kenmerk van Mg-tekorte is dat die simptome lank reeds waarneembaar is alvorens ’n negatiewe effek op stokprestasie intree, sodat daar ruim tyd vir regstellende aksies is. Alhoewel rouband, soos onder Ca bespreek, met wisselende sukses deur Mg-bespuitings bestry word, is dit nie ’n Mg-gebreksimptoom nie. Weens groter beweeglikheid van Mg in die plant, vervang dit waarskynlik in ’n mate die selwandversterkende rol van die onbeweeglike Ca, waarvan bespuiting nie doeltreffend is nie. In Suid-Afrika is gevind dat roubandsimptome vroeër as in Europa verskyn en kan trosgerigte Mg-bespuiting van so sterk as 15% voor die toemaak van trosse aangewend word. Magnesium word as ’n reël nie doelbewus bemes nie en voorsiening behoort voldoende te wees indien dolomitiese kalk by grondvoorbereiding gebruik word waar analises kalkbenodigheid en Ca:Mg-verhoudings van > 4-6 aantoon. Gevalle van Mg-tekortsimptome kom soms wel voor in bestaande wingerd met grond-pH’s (KCl) van ≥ 5.5. Blaarbespuiting met ’n 3-10% Mg-sulfaatoplossing kan gedoen word, maar is nie ’n permanente oplossing nie. Grondtoedienings van Mg-sulfaat is hier aangewese, maar hoeveelhede benodig vir regstelling na ’n gewenste Mg-versadigingpersentaie van 15-20%, is groot en materiaalkoste duur. ’n Diep plasing van sowat 1 ton ha -1 dolomitiese kalk tussen die stokry en trekkerspoor is ’n opsie. Dit sal nie die grond-pH as geheel wesenlik beïnvloed nie, aangesien die wingerdstok nie gevoelig vir hoë pH’s is nie, terwyl ’n bron van Mg nou in die maksimum wortelsone teenwoordig is. Swawel (S) Swawel word as die sulfaatioon uit die grond opgeneem, wat dan in die plant gereduseer word om as ’n komponent van eierwitte, aminosure en sekere vitamiene en ensieme te dien. Dit is ook ’n ensiemaktiveerder en is gemoeid met die omsetting van lig- na chemiese energie. Dit is ook ’n komponent van geurstowwe en help om nitraatakkummulasie te verhoed deurdat dit na proteïen omvorm word. Swawel kom in ’n groot verskeidenheid minerale voor, soos sulfiede en sulfate, waarvan ysterpiriet (FeS 2 ) en gips (CaSO 4 ) t.o.v. grond die belangrikste is. Die sulfiede verweer deur oksidasie na sulfate, wat in ariede streke as gips neer slaan. Die oplosbaarheid van gips is genoeg om in die S-behoeftes van plante te voorsien. Naby die kus is daar S-bevattende sproei en in industriële gebiede
5
56
Made with FlippingBook Annual report maker