BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

Magnesium (Mg) Dit is die enigste metaal wat deel uitmaak van chlorofil en dus noodsaaklik is vir fotosintese. Die spesifieke funksie van Mg is relatief onbekend, maar dit tree op as aktiveerder van verskeie ensieme, waardeur dit ’n rol speel in koolhidraatsintese, stikstofmetabolisme, vet- en oliesintese ens. In teenstelling met Ca, is Mg hoogs beweeglik in die plant en word geredelik vanaf ou na jong blare by groeipunte gemobiliseer. Soos Ca, word Mg in ’n groot verskeidenheid minerale aangetref, waarvan die belangrikste primêre minerale olivine, serpentyn, talk, piroksene en amfibole is, maar veral in die sekondêre mineraal dolomiet, asook in magnesiet, chloriet, ver mikuliet en montmorilloniet. Dit word aanvaar dat ’n Ca:Mg-verhouding in grond tussen 4:1 en 6:1 vir meeste plante wenslik is. In baie gronde in Suid-Afrika is dit dikwels baie nouer in die ondergrond, selfs 1:1, veral waar die moedermateriaal marienesedimente is of waar sterk ontwikkelde struktuur aangetref word (kyk onder Ca, opmerkings oor meriete van regstelling van lae Ca:Mg-verhoudings). Magnesiumtekortsimptome is baie kenmerkende, goed gedefinieerde, diep tussennerfse instulpingvergeling (chlorose) op ouer blare van wit kultivars en rooi verkleuring by rooi kultivars (Fig.13 & 14). Dit is egter meer onlangs waar geneem dat verkleuring ook geel is by virusgetoetste rooi kultivars (Fig.15). By sommige onderstokke neem die tussennerfse simptome die vorm van nekrotiese kolletjies aan (Fig.16).

5

FIGUUR 13 & 14: Duidelik gedefinieerde tussennerfse vergeling van ouer blare by wit kultivars (Chasselas, Switzerland) en rooi verkleuring by rooi kultivars (Grenache).

54

Made with FlippingBook Annual report maker