BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

Vir grondvoorbereiding behoort die gipsbehoefte bepaal te word tot ’n grond diepte van 900 mm. Slegs 50% van die gips moet dan by die grond ingewerk word. Die res moet oor die oppervlak versprei word om infiltrasie en loging te verseker. Die kalsiumioon-inhoud van die reën-/besproeiingswater word ver hoog sodat dit die natrium kan verplaas en dispersie van grond kan voorkom. Let wel dat nie meer as maksimum 10 ton/ha in totaal toegedien moet word nie. Wat bestaande wingerde betref, kan die gips nie in die ondergrond geplaas word nie, dus dien dit geen doel om die gips-behoefte dieper as 300 mm te bereken nie. Weereens kan ’n maksimum van 10 ton per hektaar per jaar toegedien word, maar slegs 5 ton op ’n slag om die verplasing van te veel K en Mg te voorkom. Heroorweeg die situasie na die toediening van die eerste 5 ton. Gips moet verkieslik voor die reënseisoen of voor besproeiing toegedien word, om te verseker dat die gips in die grond ingewas word en die Na uitgeloog word. Die hoeveelheid landbougips wat toegedien moet word om voedingswan balanse, gewoonlik sluimerende S-tekorte, reg te stel, is ongeveer 1 ton per hektaar. Omdat gips ’n baie lae oplosbaarheid het, sal groot hoeveelhede nooit skadelik wees nie. FYN EN GROWWE GIPS Die reaktiwiteit van landbougips word bepaal deur die suiwerheid en fynheid daarvan – gips los vinniger op hoe fyner dit is. In grond met min deurlaatbaarheid word fyn gips vereis wat vinnig kan oplos. In grond met ’n hoë deurlaatbaarheid (sanderige grond) sou fyn gips weer kon uitloog voordat grondverbetering en voeding doeltreffend gedoen is. ’n Growwer gips word dus hier aanbeveel. Landbougips is ’n 90% tot 95% kalsiumsulfaatproduk en bevat gemiddeld 22% kalsium en 17.5% swawel op ’n droëmassabasis. Die waterinhoud varieer van 23% tot 30%, terwyl dit in die geval van gips as neweproduk van dubbelsuper fosfaatbereiding van 0,4% tot 1% fosfor bevat, sg. fosforgips. WAAR KOM LANDBOUGIPS VANDAAN? Natuurlike gips kom van Yzerfontein, Kolkiesrivier en Vanrhynsdorp en fosforgips van Chloorkop, Potchefstroom, Phalaborwa en Phokeng. Albei soorte is beskikbaar by SA Kalk en Gips. Fosforgips is die byproduk van die nat-suur-produksie van fosforsuur uit rotsfosfaat. Dit is hoofsaaklik gehidreerde kalsiumsulfaat (CaSO42H 2 O) met onsuiwerhede van fosfor (P), fluoor (F) en silika (Si), yster (Fe) en aluminium (Al), sowel as spore van verskeie spoor elemente en swaar metale.

4

34

Made with FlippingBook Annual report maker