BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

DIE NEUTRALISASIEWAARDE VAN BEKALKINGSPRODUKTE Die reaktiwiteit van alle kalksoorte is verder ook afhanklik van die fynheid daarvan, sodat die grootste moontlike oppervlakte in kontak met die grond en grondwater kan kom om die grondsuurheid te neutraliseer. Daarom is die reaktiwiteit van mikrofyn landboukalk (90% fyner as 0,25 mm) aansienlik hoër as landboukalk wat slegs voldoen aan minimum wetlike vereistes vir “gewone” landboukalk (50% fyner as 0,25 mm). DIE TYDIGE EN KORREKTE TOEDIENING VAN DIE KALK OP DIE LAND Kalk moet ten minste ses maande voor aanplanting breedwerpig op die op pervlakte toegedien word en onmiddellik ingewerk word sodat dit die pH-reg stelling kan bewerkstellig voor die wingerd sy wortels in die grond versprei. DIE DOELTREFFENDE VERMENGING VAN DIE KALK MET DIE GROND Indien grond te nat voorberei word, ‘smeer’ dit en sal die kalk nie deeglik met gronddeeltjies vermeng word nie. Indien die grond te droog is, vorm groot kluite en word ook nie goeie vermenging verkry nie. Die waterinhoud van die grond behoort tussen verwelkpunt en ‘uitrolgrens’ (waar nog ’n stabiele wors tussen die handpalms gerol kan word) te wees. DIE DOELTREFFENDE REAKSIE VAN DIE KALK IN DIE GROND OM DIE GEWENSTE RESULTAAT TE KRY Indien gronde braak gelê is (gronde wat oor lang tydperke nie beplant is nie) en waar die pH baie laag voorkom, word aanbeveel dat kalk in paaiemente oor ten minste twee seisoene toegedien word. Die laaste vereiste is baie belangrik en dit is om te bepaal of die grond onmid dellik na bekalking reeds geskik is vir aanplanting, of indien daar gewag moet word met aanplanting sodat grondreaksie die pH nader aan die optimum van >5,5 kan bring. Daar is ’n algemene opvatting dat hoe meer kalsium in verbindingsvorm in die gronde gesit word, hoe hoër sal die pH of grondreaksie styg. Dis egter nie net Ca-verbindings nie maar ook magnesium-, kalium- en natriumverbindings wat ’n impak het op die grond se pH-vlakke. ’n Oormaat kalium, ook bekend as pottas (K), en natrium het waarskynlik ’n groter effek op grond-pH as wat kalsium en magnesium het.

4

32

Made with FlippingBook Annual report maker