BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

Waar die Ca:Mg-verhouding ≥6 is, word die hoeveelheid kalk wat vir elke 300 mm grondlaag benodig word, soos volg bereken: ton kalkha -1 = [(H x 10) – (Ca + Mg)] x 0.727

Wanneer die Ca:Mg-verhouding <6 is, is die formule: ton kalkha -1 = [(H x 10) – (Ca x 1,25)] x 0.727

Onderskeid moet getref word tussen die twee soorte kalk wat toegedien kan word, naamlik kalsitiese kalk (CaCO 3 ) en dolomitiese kalk [CaMg(CO 3 ) 2 ]. Dolomitiese kalk moet toegedien word indien die Ca:Mg-verhouding hoër is as 6 en/of indien die Mg-inhoud van gronde minimum waardes toon soos aange dui in tabel 3. Kalsitiese kalk word gebruik wanneer die Ca:Mg-verhouding 6 of laer is. Aangesien kalk nie maklik in water oplosbaar is nie, beweeg dit baie stadig in die grond. Gevolglik moet dit slegs toegedien word tydens grondvoorberei ding sodat dit by die grond ingewerk en gemeng kan word tot ’n diepte van 1000 mm. Indien die pH laer as 5.5 is in bestaande wingerde, moet die kalk behoefte slegs tot ’n gronddiepte van 300 mm bereken word. Wingerd is kalk tolerant en groei steeds goed in gronde wat vry kalk bevat, met pH’s KCl rondom 7.2. Oormatige kalktoediening behoort normaalweg dus nie skadelik te wees nie. Gronde met hoë klipfraksies kan egter as uitsondering gesien word en dan is dit belangrik om die klipfraksie in aanmerking te neem.

4

Die berekende kalkbehoefte moet dus afwaarts aangepas word, deur van die klipvolumepersentasie in die volgende formule gebruik te maak:

Kalkbehoefte x [1 – (klip %/100)]

In gronde met hoë organiese materiaalinhoude, word ’n lae pH grootliks veroorsaak deur waterstofione wat met die organiese materiaal geassosieer word, en nie soseer deur waterstofione wat deur hoë konsentrasies aluminium verwek word nie. Die uitruilbare H, bepaal by ’n pH van 7, moet dus aangepas word vir gronde met C-inhoude van >1%. Die aangepaste H kan dan in die Eksteen-formule gebruik word.

29

Made with FlippingBook Annual report maker