BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

INLEIDING

Die eienskappe van Suid-Afrikaanse gronde is sodanig dat wingerd in meeste gevalle nie sonder deeglike grondvoorbereiding geplant behoort te word nie. Tydens grondvoorbereiding is daar ’n eenmalige geleentheid om die voe dingstatus van die grond, veral die ondergrond, reg te stel. In hierdie hoofstuk word veral klem gelê op die toediening van kalk en gips terwyl fosfaat reeds in Hoofstuk 3 en ook later in Hoofstuk 5 bespreek word.

TOEDIENING VAN BEKALKINGSMATERIALE:

Bekalking vind plaas om oormatige grondsuurheid te neutraliseer. In suur gronde is ’n oormaat waterstofione teenwoordig, wat as sulks nie nadelig vir plante is nie, maar aanleiding gee tot veral hoë aluminiuminhoude wat toksies is t.o.v. wortelgroei en dus nadelig vir voedingstofopname kan wees. BEREKENING VAN KALKBEHOEFTE In die verlede is daar altyd verwys na die kalkbehoefte van ’n grond, d.w.s. die handhawing van ’n sekere pH-waarde vir die betrokke grond, maar tans bestaan daar genoeg wetenskaplike bewyse om eerder na die kalkbehoefte van ’n spesifieke gewas in terme van die suurversadigingsbenadering te ver wys. Dit is dus nie net genoeg om die pH-waarde te weet nie, want dit is nie ’n aanduiding van die hoeveelheid ameliorant wat benodig word vir regstelling nie. Die akkurate bepaling van die kalkbehoefte kan slegs gemaak word indien grondontledings die uitruilbare suurheid (H + ) aandui. Die Eksteen-metode is tot op hede gevind die beste te wees om die kalkbe hoefte vir akkerbou-, vrugte- en wingerdgronde in die Wes-Kaap te bepaal. Volgens hierdie metode word die sogenaamde R-waarde gebruik, wat die Ca+Mg/H-verhouding in grond aandui en wat ’n eksponensiële-verwantskap met die pH-waardes van die grond het. Om ’n gewenste pH KCl van 5,5 te bereik, word ’n R-waarde van 10 benodig. ’n R-waarde van 5 sal die pH net tot 5 reg stel, wat vir meeste sandgronde aanvaarbaar is. Deur gebruik te maak van die uitruilbare suurheid (H) en die uitruilbare kal sium-(Ca) en magnesium(Mg)-waardes van ’n grond, uitgedruk in cmol/kg, kan die kalkbehoefte vir wingerd dus m.b.v. die Eksteen-formule bereken word.

4

28

Made with FlippingBook Annual report maker