BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

GROND-pH Die pH van grond word bepaal in kaliumchloried (KCI) of water (H 2 O). Die meeste laboratoriums in die Wes-Kaap gebruik die KCI-metode, terwyl water-pH meestal vermeld word in Europese en Amerikaanse laboratoriums. Hoewel die verskil nie altyd konstant is nie, is grond-KCI-pH rofweg een pH-eenheid laer as water-pH. Die rede hiervoor is dat die K + -ione in die oplos sing die H + op die kleiroosters verplaas (die uitruilbare H + ), wat dan saam met die aktiewe H + -ione in die grondoplossing gemeet word. ’n Oplossing met ’n pH KCl onder 5.5 (water-pH < 6.5) word beskou as sub optimaal vir wingerdstokke. Hoe laer die pH is, hoe suurder is die grond, d.w.s. daar is ’n hoër konsentrasie aktiewe waterstofione (H + ). Hoe suurder die grond is, hoe hoër is die oplosbaarheid van aluminium (Al 3+ ); totdat dit ’n toksiese konsentrasie bereik wat wortelgroei negatief affekteer. Wingerdstokke onderpresteer in suur gronde weens gebrekkige wortelfunksionering, wat lei tot verlaagde water- en voedingstofopname asook moontlike patogeen- en nematode-infeksie. Kalk behoort daarom toegedien te word om ’n regstelling te maak. Verskeie metodes vir die bepaling van kalkbehoefte is al ontwikkel. Die Eksteen-metode het bewys dat dit betroubaar is vir Suid-Afrikaanse grondtoestande en wingerd (Eksteen, 1969). Berekening van die kalkbehoefte word volledig in Hoofstuk 4 bespreek. Die optimale grond-pH (pH KCl ) vir wingerdstokke wissel van 5.5 tot 6.5. Benede hierdie speling word wortelgroei toenemend belemmer en beide P en molibdeen (Mo) word geleidelik minder beskikbaar vir opname. Suur gronde is dikwels ook hoogs geloog en geledig van voedingstowwe, byvoorbeeld stikstof (N), kalium (K), calcium (Ca) en magnesium (Mg). Bokant hierdie pH-vlakke word beide P en die ander mikrovoedingstowwe (behalwe Mo) ook minder beskikbaar vir plant-opname, soos aangetoon in Figuur 2. Dit is as gevolg van immobilisering, wanneer P met Ca en mikro-elemente met hidroksiedes en karbonate, reageer. Ten einde voedingstoftekorte in gronde met hoë pH’s te voorkom, word gereelde P-bemesting en jaarlikse blaartoedienings van mikrovoedingstowwe benodig.

3

16

Made with FlippingBook Annual report maker