BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE WYNBEDRYF

INLEIDING Grondmonsterneming vir analise word gereeld gedoen deur wingerdboukundiges en wyndruifprodusente. Interpretasie van die chemiese resultate word dik wels gekompliseer deur die verskeidenheid ekstrak siemetodes en maniere waarop resultate uitgedruk word. In hierdie hoofstuk word die erkende analitiese metodes en maniere waarop analitiese metodes uit gedruk word bespreek, sowel as die interpretasie daar van. Ander tipiese analisemetodes en maniere waarop analitiese metodes uitgedruk word, word ook bespreek en vergelyk met die aanvaarde Suid-Afrikaanse norme. Grondanaliseverslae in Suid-Afrika bevat tipies die volgende inligting en analitiese resultate. TEKSTUUR Grondtekstuur dikteer die watervashouvermoë van ’n grond en die mate waarin katione aan die grond (negatief-gelaaide kleideeltjies) gebind is. Die tempo waarteen voedingstowwe geloog word uit die wortel sone word dus grootliks voorgeskryf deur die grond tekstuur. Verder word kalium- (K) en fosfor(P)-norme in besonder beïnvloed deur grondtekstuur, wat dit noodsaaklik maak om onderskeid te tref tussen sand-, leem- en kleiagtige gronde. Nie alle laboratoriums vermeld grondtekstuur by verstek nie – in welke geval die tekstuur bepaal word deur die “vingermetode” en die grond as sanderig, leemagtig of kleiagtig geklassifiseer word. Die meeste laboratoriums sal slegs melding maak van tekstuur wanneer hulle spesifiek versoek word om dit te doen, na afloop waarvan ’n volledige tekstuuranalise uitge voer word en die presiese persentasies sand, slik en klei dan gespesifiseer word.

3

15

Made with FlippingBook Annual report maker