BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF
HOOFSTUK 7
OPSOMMI NG Dit is ’n gegewe dat sub-optimale of wanvoeding ’n nadelige effek op wingerdprestasie en gevolglik druifkwaliteit sal hê. Sinvolle bemestingspraktyke is noodsaaklik vir die verkryging van optimum druifkwaliteit, omdat beide oor- en onderbemesting negatiewe effekte kan hê. Daar is egter reeds genoem dat heelwat tafeldruifprodusente kwaliteitsprobleme verkeerdelik aan onderbemesting toeskryf. Produsente moet daarteen waak om probleme met vruggehalte en naoes- houvermoë sonder meer aan ’n swak/foutiewe bemestingsprogram toe te skryf. Die direkte rol wat die voedingselemente by druifgehalte speel, is beperk en hul invloed op die vrugkwaliteit is meesal sekondêr van aard, veral via hul effek op fotosintese, groei, produksie en akkumulasie van koolhidrate, asook die translokasie van suiker en kleurpigmente na die tros.
BEMESTINGSRIGLYNE VIR DIE TAFELDRUIFBEDRYF | 103
Made with FlippingBook - Online magazine maker