’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Windskade.

FOTO 393. ’n Voorbeeld waar ’n prieelstelsel onder die aanslag van stormsterk rukwinde geswig het. Benewens die sementpale is vernietigende skade aan stokke aangerig waar in meeste gevalle die stamme daarvan afgebreek/geknak is.

FOTO 394. ’n Tipiese voorbeeld van die skaaf van lote teen loofdrade, in welke geval vaatweefsel sodanig beskadig word dat dit in onvermoë ten opsigte van optimale translokasieprosesse verval – ’n verskynsel wat selfs by meer gematigde heersende winde kan voorkom.

’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 253

Made with FlippingBook Ebook Creator