’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika - P.G. GOUSSARD

Normale winteroog (332); knopmyt (333).

FOTO 332. ’n Dwarssnit van ’n slapende winteroog. Op grond van die normale en gesonde morfologiese voorkoms van die skubblaaringehulde primêre, sekondêre en tersiêre oë, kan die voorkoms van knopmyt in hierdie geval uitgesluit word.

FOTO 333. ’n Mikroskopiese weergawe van die voorkoms en voedingsaktiwiteite van knopmyte in ’n slapende wingerdoog. Uiteraard kan veral primêre oë sodanig beskadig en selfs gedood word – waardeur normale uitbot ten volle aan bande gelê word.

’n Gids tot Wingerdabnormaliteite in Suid-Afrika • 213

Made with FlippingBook Ebook Creator