SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026

Aksies volgens fenologiese stadium

Dormansie Snoei: Kortdraers (2 oë) met 8–10 oë per m 2 . Of halflangdraers (6–8 oë) met 15–20 oë per m 2 . Verbetering van bot: Spuit waterstofsiaanamied voor bot om die oes te vervroeg of om uitbot te verbeter. Gebruik volgens die produk se registrasie. Bot tot blom 2 cm lootlengte: Begin met witroesprogram. 10–15 cm lootlengte: Top dominante lote sodat lote met trosse almal min of meer dieselfde lengte by blom sal wees. Dien stikstof toe volgens groeikrag. 20 cm lootlengte: Suier: verwyder lote sonder trosse. Hou een tros per loot. 80–110 cm lootlengte: Optimale lootlengte by blom. Blom to set Geen manipulasies. Set tot deurslaan 5 mm korreldeursnit: Verwyder blare om trosse. Kort trosse in na 50–55 korrels per tros. Laat een tros per loot met ’n minimum deursnit van 10 mm. Los 55 000 trosse per hektaar. Dien stikstof toe volgens groeikrag. ±10% kleur: Dien 20–30 ml etefon per 100 liter water toe indien nodig. ±20% kleur: Sny die nok van die prieel ongeveer 30 cm wyd oop. Trim trosse indien nodig. Hierdie kultivar is baie gevoelig vir hitteskade vanaf 2 weke voor deurslaan tot 20% kleur. Moenie trosse te vroeg aan sonlig blootstel nie. ±75% kleur: Verwyder trosse op stokke met swak kleur. Oes tot pak Gevoelig vir haarlynkrakies: Wees versigtig om nie turgiede druiwe op koue oggende na reën of besproeiing te hanteer nie. Begin met ’n magnesiumprogram om rouband te beheer, indien nodig. 10–12 mm korreldeursnit: Spuit 20 dpm gibberelliensuur vir vergroting. Deurslaan tot oes

Gevoelig vir SO 2 -skade: Gebruik papier op die druiwe. Gebruik 4–5 mm geperforeerde sakke en ’n MAM vel.

SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 97

Made with FlippingBook Annual report maker