SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026

Aksies volgens fenologiese stadium

Dormansie Snoei: Halflangdraers (6–8 oë) met 12–15 oë per m 2 . Die kultivar is vrugbaar maar trosse op halflang- of langdraers is minder kompak as trosse op kortdraers. Verbetering van bot: Spuit waterstofsiaanamied voor bot om die oes te vervroeg of om uitbot te verbeter. Gebruik volgens die produk se registrasie. Bot tot blom 2 cm lootlengte: Begin met witroesprogram. 10–15 cm lootlengte: Top dominante lote sodat lote met trosse almal min of meer dieselfde lengte by blom sal wees. Dien stikstof toe volgens groeikrag. 20 cm lootlengte: Suier: verwyder swak lote en lote sonder trosse. Hou die onderste tros op lote. 80–110 cm lootlengte: Optimale lootlengte by blom. Blom to set Begin van blom: Moenie enige blare verwyder of lote top nie. Dit sal uitdun belemmer. Uitdunspuite is onnodig want trosse is van nature los. Set tot deurslaan 50% van korrels met 6–7 mm deursnit: Verwyder blare om trosse. 10 mm korreldeursnit: Spuit 15–20 dpm gibberelliensuur vir vergroting. Gebruik ’n elektrostatiese spuitpomp of doop trosse. 12–14 mm korreldeursnit: Dien 1 dpm sitokinien toe om korrels te vergroot. Kort trosse in na 55–65 korrels per tros. Los 50 000 trosse per hektaar. Dien stikstof toe volgens groeikrag. Knip kompakte trosse los indien nodig. Begin met ’n magnesiumprogram om rouband te beheer, indien nodig. Deurslaan tot oes ± 5% kleur: Hierdie kultivar ontwikkel maklik kleur en etefon is nie gewoonlik nodig nie. Dit mag egter soms nodig wees om 40 ml etefon per 100 liter water in die Oranjerivier toe te dien. ± 20% kleur: Sny die nok van die prieel ongeveer 30 cm wyd oop. Wees versigtig vir direkte son op die trosse. ± 75% van korrels sag: Verwyder trosse op stokke met swak kleur in vergelyking met ander stokke. Oes tot pak Ideale suikervlakke met oes is 15.5 °Brix. Gevoelig vir haarlynkrakies: Wees versigtig om nie turgiede druiwe op koue oggende na reën of besproeiing te hanteer nie.

Handhaaf die koue-ketting om kondensasie te voorkom. Gevoelig vir SO 2 -skade: Gebruik papier op die druiwe. Gebruik 4–5 mm geperforeerde sakke en ’n MAM vel.

SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 95

Made with FlippingBook Annual report maker