SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026

Aksies volgens fenologiese stadium

Dormansie Snoei: Halflangdraers (8 oë) met 14–17 oë per m 2 (140 000–170 000 oë per hektaar). Verbetering van bot: Snoei sodat draers min of meer ewe dik is (9–11 mm). Draers wat te dun of te dik is bot onegalig. Bot tot blom 40–60 cm lootlengte: Suier: verwyder swak lote en lote sonder trosse. Mik vir 18–20 lote per meter. Oeslading kan op hierdie stadium verminder word maar die risiko van oormatige afspeen moet in ag geneem en ongeveer 50% ekstra trosse gehou word. Blom tot set Punt trosse and top lote by 5% blom. Ringeleer aan die begin van blom. Dien 1 dpm sitokinien by 50% blom toe. Hierdie is vir die ergste gevalle met warm toestande en geil wingerde. Pas aan volgens waarnemings. Set tot deurslaan 6–8 mm korreldeursnit: Kort trosse in na 50 korrels per tros. Laat een tros per loot met ’n minimum deursnit van 9–11 mm. Los 50 000 trosse per hektaar. Behou ’n goeie blaredak. Korrels is sensitief vir hitteskade en sonbrand vanaf ongeveer 14 dae voor deurslaan tot ongeveer 10% kleur. Deurslaan tot oes ± 10% kleur: Dien 50 ml etefon per 100 liter water toe om kleurontwikkeling te bevorder. Etefon kan met ringelering gekombineer word in wingerde wat moeilik kleur. Bestuur besproeiing om die risiko van korrelbars by oes te verminder. Beheer donsskimmel, witroes en bederf. Oes tot pak Wees versigtig om nie druiwe binne 3 dae na reën of besproeiing te oes nie. Handhaaf die koue-ketting om kondensasie te voorkom. Mik vir ’n goeie gebalanseerde blaredak. Vermy ’n digte blaredak. In geil wingerde kan die volgende maatreëls afspeen verminder: Verwyder blare rondom trosse aan die begin van blom.

SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 91

Made with FlippingBook Annual report maker