SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026
Aksies volgens fenologiese stadium
Dormansie Snoei: Halflangdraers (6–8 oë) met 13–15 oë per m 2 (130 000–150 000 oë per hektaar). Verbetering van bot: Snoei sodat draers min of meer ewe dik is (9–11 mm). Draers wat te dun of te dik is bot onegalig. Bot tot blom 30–50 cm lootlengte: Wees versigtig vir te veel stikstof. Dit kan oormatige afspeen by set veroorsaak. Suier: verwyder lote sonder trosse. Oeslading kan op hierdie stadium verminder word maar die risiko van oormatige afspeen moet in ag geneem en genoeg ekstra trosse gehou word. 100–120 cm lootlengte: Optimale lootlengte by blom. Lote korter as 100 cm by blom dui op swak groei wat latere korrelvergroting kan benadeel. Vermy te sterk groeikrag. Verseker dat die wingerd optimale voedingstofvlakke het en dien blaarvoeding en bemesting toe indien nodig. Verwyder blare en bestuur die blaredak om goeie ligpenetrasie te verseker. Blom tot set In blom: In geil wingerde kan die volgende maatreëls afspeen verminder: • Verwyder blare rondom trosse by 5% blom. • Punt en skouer trosse, veral groot trosse, by 5% blom. • Top lote by 20% blom. Dit mag nodig wees om al die bogenoemde toe te pas in warm toestande en geil wingerde. Die gebruik van sitokinien vir set word nie aanbeveel nie. Dit kan ronder korrels veroorsaak en kleur negatief beïnvloed. Set tot deurslaan 5–6 mm korreldeursnit: Ringelering kan korrelgrootte verbeter. Hoë dosisse gibberelliensuur saam met ringelering kan lei tot korrels wat te groot is. 8 mm korreldeursnit: Verwyder blare rondom trosse. Spuit 5–8 dpm gibberelliensuur vir vergroting. Indien korrels ongelyk is, spuit 4 dpm gibberelliensuur by 4 mm korreldeursnit en herhaal by 8 mm korreldeursnit. Kort trosse in na 80 korrels per tros. Los 46 500 trosse per hektaar. 10 mm korreldeursnit: Beheer rouband met magnesium- en kalsiumblaarvoeding. Wees versigtig. Korrels is sensitief vir hitteskade vanaf ongeveer 14 dae voor deurslaan tot ongeveer 10% kleur. Deurslaan tot oes ± 10% kleur: Dien 25 ml etefon per 100 liter water toe om kleurontwikkeling te bevorder. Diffuse lig onder die prieel is belangrik maar die korrels moet nie direkte sonlig kry nie. Bestuur besproeiing om die risiko van korrelbars by oes te verminder. Beheer bederf. ± 75% kleur: Verwyder beskadigde korrels en trosse. Oes tot pak Wees versigtig om nie turgiede druiwe op koue oggende na reën of besproeiing te hanteer nie.
SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 89
Made with FlippingBook Annual report maker