SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026

Aksies volgens fenologiese stadium

Dormansie Snoei: Halflangdraers (8 oë) met 9–11 oë per m 2 (90 000–110 000 oë per hektaar). Meer as 130 000 oë per hektaar kan tot onegalige bot lei. Verbetering van bot: Snoei sodat draers min of meer ewe dik is (9–11 mm). Draers wat te dun of te dik is bot onegalig. Bot tot blom 20 cm lootlengte: Suier: verwyder swak lote. Mik vir 18–20 lote per meter. Hou een tros per loot as daar voldoende trosse per stok is. Swak lote kan oormatig afspeen. In die Oranjerivier kan die oeslading op hierdie stadium verminder word maar die risiko van oormatige afspeen moet in ag geneem word. Hou ongeveer 50% ekstra trosse. Blom tot set Volblom: Dun uit met 1 dpm gibberelliensuur. In die Oranjerivier moet set bevorder word deur basale blare te verwyder, lote te top, en trosse te punt en skouer. Set tot deurslaan 5 mm korreldeursnit: Ringelering na set kan korrelgrootte verbeter maar wees versigtig vir korrels wat te groot is. 6–8 mm korreldeursnit: Verwyder blare rondom trosse. Handhaaf goeie blaarbedekking tot deurslaan. Kort trosse in na 100–120 korrels per tros. Die meerderheid van lote met trosse moet ’n minimum deursnit van 10–12 mm by die derde internode hê. Los 63 000 trosse per hektaar. Spuit 6–8 dpm gibberelliensuur vir vergroting in die Wes-Kaap. Spuit 10–15 dpm gibberelliensuur vir vergroting in die Oranjerivier. Sitokinien word nie aanbeveel nie aangesien dit suikerontwikkeling kan vertraag en kleur en smaak negatief kan beïnvloed. Deurslaan tot oes ± 10% kleur: Dien 25–40 ml etefon per 100 liter water toe om kleurontwikkeling te bevorder. Diffuse lig onder die prieel is belangrik maar die korrels moet nie direkte sonlig kry nie. Sny die nok van die prieel ongeveer 30 cm wyd oop. Bestuur besproeiing om die risiko van korrelbars by oes te verminder. ± 75% kleur: Verwyder beskadigde korrels en trosse. Oes tot pak Geen.

SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 87

Made with FlippingBook Annual report maker