SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026

Aksies volgens fenologiese stadium

Dormansie Snoei: Halflangdraers (8 oë) met 18–21 oë per m 2 . Apikaal dominant. Dit is belangrik om die hernuwingsone te beskerm en nie draers te lank te snoei nie. Gebruik waterstofsiaanamied ook in die Wes-Kaap. Verbetering van bot: Spuit waterstofsiaanamied voor bot om die oes te vervroeg of om uitbot te verbeter. Gebruik volgens die produk se registrasie. Bot tot blom 2 cm lootlengte: Begin met witroesprogram. 10–15 cm lootlengte: Top dominante lote sodat lote met trosse almal min of meer dieselfde lengte by blom sal wees. Dien stikstof toe volgens groeikrag. Sterk groeikrag kan vrugbaarheid negatief beïnvloed. 50–60 cm lootlengte: Suier: verwyder lote sonder trosse. Hou een tros per loot. 80–110 cm lootlengte: Optimale lootlengte by blom. Blom tot set Warm toestande en sterk groeikrag mag trosse laat afspeen. Uitdunning word nie in warm areas soos die Oranjerivier aanbeveel nie. Indien temperature tydens blom in die Wes-Kaap koel is, kan 0.5–1 dpm gibberelliensuur toegedien word wanneer 10%–20% trosse in set is. Set tot deurslaan 5 mm korreldeursnit: Verwyder blare rondom trosse na set. Kort trosse in na 80–90 korrels per tros. Laat een tros per loot met ’n minimum deursnit van 10 mm. Los 55 000 trosse per hektaar. Dien stikstof toe volgens groeikrag. Vergrotingspuite met gibberelliensuur kan vrugbaarheid negatief beïnvloed. Trosse kan gedoop word om vrugbaarheid te beskerm. Ringelering het ’n positiewe effek op korrelgrootte. 8-10 mm korreldeursnit: Spuit 5 dpm gibberelliensuur of doop trosse met 3–5 dpm gibberelliensuur vir vergroting in die Wes-Kaap. Spuit 15 dpm gibberelliensuur vir vergroting in die Oranjerivier. Voeg 0.25 dpm CPPU (sitokinien) by om korrelaanhegting te verbeter. Deurslaan tot oes ± 20% kleur: Sny die nok van die prieel ongeveer 30 cm wyd oop. Verbetering van kleur Hierdie kultivar ontwikkel maklik kleur in koeler klimate. Lae dosisse etefon kan in die Wes Kaap toegedien word. Etefon is wel in die Noord-Kaap nodig. ± 75% kleur: Verwyder trosse op stokke met swak kleur. Oes tot pak Ideale suikervlakke met oes is 18 °Brix. Hierdie kultivar mag geneig wees tot los korrels so hanteer trosse versigtig tydens pluk en pak. Wees ook versigtig om nie turgiede druiwe op koue oggende te hanteer nie.

SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 85

Made with FlippingBook Annual report maker