SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026

Aksies volgens fenologiese stadium

Dormansie Snoei: Kortdraers (2 oë) met 8–10 oë per m 2 . Verbetering van bot: Spuit waterstofsiaanamied voor bot om die oes te vervroeg of om uitbot te verbeter. Gebruik volgens die produk se registrasie. Bot tot blom 2 cm lootlengte: Begin met witroesprogram. 10–15 cm lootlengte: Top dominante lote sodat lote met trosse almal min of meer dieselfde lengte by blom sal wees. Dien stikstof toe volgens groeikrag. 20 cm lootlengte: Suier: verwyder swak lote en lote sonder trosse. Hou die onderste tros op lote. 80–110 cm lootlengte: Optimale lootlengte by blom. Blom to set 2–3 mm korreldeursnit (set): Spuit 1 dpm gibberelliensuur om bokhael te laat aborteer. Set tot deurslaan 5 mm korreldeursnit: Verwyder blare om trosse. Kort trosse in na 80–90 korrels per tros. Laat een tros per loot met ’n minimum deursnit van 10 mm. Los 54 000 trosse per hektaar. Dien stikstof toe volgens groeikrag. 7–8 mm korreldeursnit: Spuit 2–14 dpm gibberelliensuur vir vergroting. Die hoër dosis is vir die Oranjerivier. Begin met ’n magnesiumprogram om rouband te beheer, indien nodig. Deurslaan tot oes ± 10% kleur: Dien 30–50 ml etefon per 100 liter water toe. ± 20% kleur: Sny die nok van die prieel ongeveer 30 cm wyd oop. Trim trosse indien nodig. ± 75% kleur: Verwyder trosse op stokke met swak kleur. Oes tot pak Gevoelig vir haarlynkrakies: Wees versigtig om nie turgiede druiwe op koue oggende na reën of besproeiing te hanteer nie.

Gevoelig vir SO 2 -skade: Gebruik papier op die druiwe. Gebruik 4–5 mm geperforeerde sakke en ’n MAM vel.

SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 81

Made with FlippingBook Annual report maker