SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026

Dormansie Snoei: Halflangdraers (8 oë) met 8–12 oë per m 2 (80 000–120 000 oë per hektaar). Gebruik hoër ooglading vir sterk groeikragtige toestande. Verbetering van bot: Snoei sodat draers min of meer ewe dik is (9–11 mm). Draers wat te dun of te dik is bot onegalig. Bot tot blom 20 cm lootlengte: Suier: verwyder swak lote en lote sonder trosse. Mik vir 18–20 lote per meter. Hou een tros per loot. Mik vir 20%–30% meer trosse as beplan. Blom tot set Volblom: Dun uit met 1–2 dpm gibberelliensuur. Set tot deurslaan 5 mm korreldeursnit: Verwyder blare rondom trosse. Kort trosse in na 80–90 korrels per tros. Laat een tros per loot met ’n minimum deursnit van 9–11 mm. Los 55 000 trosse per hektaar. Mik vir ’n goeie balans tussen groeikrag en drag. Vermy oormatige groeikrag. 6–8 mm korreldeursnit: Spuit 5–10 dpm gibberelliensuur vir vergroting. Deurslaan tot oes Dit is nie nodig om etefon vir kleurverbetering te spuit nie. ± 20% kleur: Sny die nok van die prieel ongeveer 30 cm wyd oop. Diffuse lig onder die prieel is nodig maar die korrels moet nie direkte sonlig kry nie. Verwyder beskadigde korrels en trosse. Beheer bederf. Oes tot pak Handhaaf die koue-ketting om kondensasie te voorkom. Aksies volgens fenologiese stadium

SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 77

Made with FlippingBook Annual report maker