SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026

Aksies volgens fenologiese stadium

Dormansie Snoei: Kortdraers (2 oë) met 8–10 oë per m 2 . Of halflangdraers (6–8 oë) met 12–15 oë per m 2 . Verbetering van bot: Spuit waterstofsiaanamied voor bot om die oes te vervroeg of om uitbot te verbeter. Gebruik volgens die produk se registrasie. Bot tot blom 2 cm lootlengte: Begin met witroesprogram. 10–15 cm lootlengte: Top dominante lote sodat lote met trosse almal min of meer dieselfde lengte by blom sal wees. Dien stikstof toe volgens groeikrag. 20 cm lootlengte: Suier: verwyder swak lote en lote sonder trosse. Hou een tros per loot. 80–110 cm lootlengte: Optimale lootlengte by blom. Blom to set In set (2–3 mm korreldeursnit): Spuit 1–2 dpm gibberelliensuur om bokhael te laat aborteer. Herhaal na 2–3 dae. Gebruik die hoër dosis onder moeilike toestande (koue temperature en swak groeikrag). Set tot deurslaan 5 mm korreldeursnit: Verwyder blare om trosse. Kort trosse in na 80–90 korrels per tros. Laat een tros per loot met ’n minimum deursnit van 10 mm. Los 55 000 trosse per hektaar. Dien stikstof toe volgens groeikrag. Begin met ’n magnesiumprogram om rouband te beheer, indien nodig. 10 mm korreldeursnit: Spuit 7.5–20 dpm gibberelliensuur vir vergroting. Die hoër dosis is vir die Oranjerivier. Wanneer gibberelliensuur teen meer as 10 dpm toegedien word, kan trosse gespuit of gedoop word. Wees versigtig vir te groot korrels wat swak kleur. Deurslaan tot oes ±5% kleur: Dien 40 ml etefon per 100 liter water toe. Herhaal na 3 dae in warm areas. Sny die nok van die prieel ongeveer 30 cm wyd oop. Trim trosse indien nodig. Verwyder trosse op swak lote. ± 70% kleur: Verwyder trosse op stokke met swak kleur in vergelyking met ander stokke. Oes tot pak Gevoelig vir haarlynkrakies: Wees versigtig om nie turgiede druiwe op koue oggende na reën of besproeiing te hanteer nie. Gebruik ’n MAM vel.

Gevoelig vir SO 2 -skade: Gebruik papier op die druiwe. Gebruik 4–5 mm geperforeerde sakke en ’n MAM vel.

SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 75

Made with FlippingBook Annual report maker