SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026
Aksies volgens fenologiese stadium
Dormansie Snoei: Kortdraers (2 oë) met 8–10 oë per m 2 . Of halflangdraers (8 oë) met 12–15 oë per m 2 . Verbetering van bot: Spuit waterstofsiaanamied voor bot om die oes te vervroeg of om uitbot te verbeter. Gebruik volgens die produk se registrasie. Bot tot blom 2 cm lootlengte: Begin met witroesprogram. 3 cm troslengte: Gebruik seewierprodukte of 1 dpm gibberelliensuur + 1 dpm CPPU (sitokinien) vir trosverlenging. 10–15 cm lootlengte: Top dominante lote sodat lote met trosse almal min of meer dieselfde lengte by blom sal wees. Dien stikstof toe volgens groeikrag. Dit mag nodig wees om lae konsentrasies (1.0%) bi-uret ureum vanaf 20 cm lootlengte tot voor blom toe te dien om groeikrag te verbeter. 20 cm lootlengte: Suier: verwyder lote sonder trosse. Hou een tros per loot. 80–110 cm lootlengte: Optimale lootlengte by blom. Blom tot set By 20%-30% blom: Dien lae konsentrasies (1.0%) bi-uret ureum toe. Dit kan by 70%–80% blom herhaal word. Volblom: Dun uit met 1–1.5 dpm gibberelliensuur plus lae konsentrasies (1.0%) bi-uret ureum. Herhaal na 3 dae. Hierdie kultivar kan onder die kappie blom. Maak seker dat die toedienings betyds is. Set tot deurslaan 5 mm korreldeursnit: Verwyder blare rondom trosse na set. Kort trosse in na 75–85 korrels per tros. Laat een tros per loot met ’n minimum deursnit van 10 mm. Los 55 000 trosse per hektaar. Dien stikstof toe volgens groeikrag. 6-8 mm korreldeursnit: Spuit 3 dpm gibberelliensuur vir vergroting. Selekteer trosse na vrugset en vermy die hantering van trosse na 12 mm korreldeursnit om sonbrand te voorkom. Begin met ’n magnesiumprogram om rouband te beheer, indien nodig. Deurslaan tot oes ± 20% van korrels sag: Sny die nok van die prieel ongeveer 30 cm wyd oop. Wees versigtig vir direkte son op die trosse. Verbetering van kleur Dien 40 ml etefon per 100 liter water toe in die Wes-Kaap. Dien 50 ml etefon per 100 liter water toe in die Oranjerivier. Dien 3 dae later ’n verdere 30–40 ml etefon per 100 liter water toe. Verwyder trosse op swak lote. Oes tot pak Ideale suikervlakke met oes is 17–18 °Brix. Hanteer trosse versigtig. Gebruik papier op die druiwe. Gebruik geperforeerde sakke en ’n MAM vel. Wees versigtig om nie turgiede druiwe op koue oggende na reën of besproeiing te hanteer nie.
SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 71
Made with FlippingBook Annual report maker