SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026
Aksies volgens fenologiese stadium
Dormansie Snoei: Langdraers (10–12 oë) met 25 oë per m 2 . Gebruik sylote met 1–2 oë (kortdraers) op die hooflote (langdraers). Verbetering van bot: Spuit waterstofsiaanamied voor bot om die oes te vervroeg of om uitbot te verbeter. Gebruik volgens die produk se registrasie. Bot tot blom 2 cm lootlengte: Begin met witroesprogram. 10–15 cm lootlengte: Top dominante lote sodat lote met trosse almal min of meer dieselfde lengte by blom sal wees. Dien stikstof toe volgens groeikrag. Wees versigtig vir te sterk groeikrag. 20 cm lootlengte: Suier: verwyder swak lote en lote sonder trosse. Hou alle trosse. 80–110 cm lootlengte: Optimale lootlengte by blom. Blom tot set 90% in set: Spuit 1–1.5 dpm gibberelliensuur om bokhael te laat aborteer. Gebruik die hoër dosis onder moeilike toestande (koue weer en swak groeikrag). Set tot deurslaan 50% van korrels met 5–8 mm deursnit: Verwyder blare om trosse. Ringeleer vir vergroting. Ringelering het ook ’n positiewe effek op vrugbaarheid in die volgende seisoen. Vergrotingspuite met gibberelliensuur word nie aanbeveel nie omdat dit kleurontwikkeling en vrugbaarheid negatief kan beïnvloed. Kort trosse in na 90–110 korrels per tros. Los 52 000 trosse per hektaar. 10 mm korreldeursnit: Indien ringelering nie moontlik is nie, spuit 7.5–10 dpm gibberelliensuur vir vergroting. Gebruik ’n elektrostatiese spuitpomp of doop trosse. Die hoër dosis is vir die Oranjerivier. Dien stikstof toe volgens groeikrag. Begin met ’n magnesiumprogram om rouband te beheer, indien nodig. Deurslaan tot oes ±5% kleur: Dien 40–50 ml etefon per 100 liter water toe. Gebruik die hoër dosis in die Oranjerivier. ± 20% van korrels sag: Sny die nok van die prieel ongeveer 30 cm wyd oop. Wees versigtig vir direkte son op die trosse. ± 75% van korrels sag: Verwyder trosse op stokke met swak kleur in vergelyking met ander stokke. Oes tot pak Gevoelig vir haarlynkrakies: Wees versigtig om nie turgiede druiwe op koue oggende na reën of besproeiing te hanteer nie.
Gevoelig vir SO 2 -skade: Gebruik papier op die druiwe. Gebruik 4–5 mm geperforeerde sakke en ’n MAM vel.
SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 69
Made with FlippingBook Annual report maker