SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026
Aksies volgens fenologiese stadium
Dormansie Snoei: Halflangdraers (6–8 oë) met 12–15 oë per m 2 . Die kultivar is vrugbaar maar trosse op halflang- of langdraers is minder kompak as trosse op kortdraers. Verbetering van bot: Spuit waterstofsiaanamied voor bot om die oes te vervroeg of om uitbot te verbeter. Gebruik volgens die produk se registrasie. Bot tot blom 2 cm lootlengte: Begin met witroesprogram. 10–15 cm lootlengte: Top dominante lote sodat lote met trosse almal min of meer dieselfde lengte by blom sal wees. Dien stikstof toe volgens groeikrag. 20 cm lootlengte: Suier: verwyder swak lote en lote sonder trosse. Hou die onderste tros op lote. 80–110 cm lootlengte: Optimale lootlengte by blom. Blom to set Volblom: Dun uit met 1.5–2 dpm gibberelliensuur. Gebruik die hoër dosis tydens koue weer en in wingerde met marginale groeikrag. Onder hierdie toestande kan lae konsentrasies (1.0%) bi-uret ureum by die uitdunspuit gevoeg word. Set tot deurslaan 50% van korrels met 6–7 mm deursnit: Verwyder blare om trosse. Spuit 2 dpm gibberelliensuur vir vergroting indien nodig in die Oranjerivier. Wees versigtig vir korrels wat te groot is. Kort trosse in na 80 korrels per tros. Gebruik die boonste, minder kompakte, deel van trosse. Los 54 000 trosse per hektaar. Dien stikstof toe volgens groeikrag. Begin met ’n magnesiumprogram om rouband te beheer, indien nodig. Deurslaan tot oes ± 5% kleur: Hierdie kultivar ontwikkel maklik kleur in die Wes-Kaap en etefon is nie gewoonlik nodig nie. Dien 40–50 ml etefon per 100 liter water toe in die Oranjerivier. ± 20% kleur: Sny die nok van die prieel ongeveer 30 cm wyd oop. Wees versigtig vir direkte son op die trosse. ± 75% van korrels sag: Verwyder trosse op stokke met swak kleur in vergelyking met ander stokke. Oes tot pak Ideale suikervlakke met oes is 20 °Brix. Hierdie kultivar het hoë suurvlakke. Hoër suikervlakke word dus vir optimale smaak aanbeveel. Gevoelig vir haarlynkrakies: Wees versigtig om nie turgiede druiwe op koue oggende na reën of besproeiing te hanteer nie.
Gevoelig vir SO 2 -skade: Gebruik papier op die druiwe. Gebruik 4–5 mm geperforeerde sakke en ’n MAM vel.
SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 67
Made with FlippingBook Annual report maker