SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026

Aksies volgens fenologiese stadium

Dormansie Snoei: Kortdraers (2 oë) met 8–10 oë per m 2 . Of halflangdraers (6–8 oë) met 15–20 oë per m 2 . Verbetering van bot: Spuit waterstofsiaanamied voor bot om die oes te vervroeg of om uitbot te verbeter. Gebruik volgens die produk se registrasie. Bot tot blom 2 cm lootlengte: Begin met witroesprogram. 10–15 cm lootlengte: Top dominante lote sodat lote met trosse almal min of meer dieselfde lengte by blom sal wees. Dien stikstof toe volgens groeikrag. 20 cm lootlengte: Suier: verwyder lote sonder trosse. Hou een tros per loot. 80–110 cm lootlengte: Optimale lootlengte by blom. Blom to set 80% blom: Dun uit met 5–7.5 dpm gibberelliensuur. Gebruik die hoër dosis tydens koue weer en in wingerde met swak groeikrag. Volblom: Dun uit met 5–7.5 dpm gibberelliensuur. Set tot deurslaan 5 mm korreldeursnit: Verwyder blare om trosse. Kort trosse in na 120–130 korrels per tros. Laat een tros per loot met ’n minimum deursnit van 10 mm. Los 52 000 trosse per hektaar. Dien stikstof toe volgens groeikrag. 7–8 mm korreldeursnit: Spuit 15–30 dpm gibberelliensuur vir vergroting. Die hoër dosis is vir die Oranjerivier. Begin met ’n magnesiumprogram om rouband te beheer, indien nodig. 8–9 mm korreldeursnit: Spuit weer 15–30 dpm gibberelliensuur vir vergroting. Deurslaan tot oes Aan die begin van deurslaan: Dien 40–50 ml etefon per 100 liter water toe. Herhaal na 3 dae. ±20% kleur: Sny die nok van die prieel ongeveer 30 cm wyd oop. Trim trosse indien nodig. ±75% kleur: Verwyder trosse op stokke met swak kleur. Oes tot pak Gevoelig vir haarlynkrakies: Wees versigtig om nie turgiede druiwe op koue oggende na reën of besproeiing te hanteer nie. Gevoelig vir droë stingels: Moenie by hoë temperature oes nie. Handhaaf hoë humiditeit in die pakhuis.

Gevoelig vir SO 2 -skade: Gebruik papier op die druiwe. Gebruik 4–5 mm geperforeerde sakke en ’n MAM vel.

SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 63

Made with FlippingBook Annual report maker