SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026

Aksies volgens fenologiese stadium

Dormansie Snoei: Halflangdraers (6–8 oë) met 12–15 oë per m 2 . Die kultivar is vrugbaar maar trosse op halflang- of langdraers is minder kompak as trosse op kortdraers. Verbetering van bot: Spuit waterstofsiaanamied voor bot om die oes te vervroeg of om uitbot te verbeter. Gebruik volgens die produk se registrasie. Bot tot blom 2 cm lootlengte: Begin met witroesprogram. 10–15 cm lootlengte: Top dominante lote sodat lote met trosse almal min of meer dieselfde lengte by blom sal wees. Dien stikstof toe volgens groeikrag. 20 cm lootlengte: Suier: verwyder swak lote en lote sonder trosse. Hou die onderste tros op lote. 80–110 cm lootlengte: Optimale lootlengte by blom. Blom to set Begin van blom: Moenie enige blare verwyder of lote top nie. Dit sal uitdun belemmer. Volblom: Dun uit met 1 dpm gibberelliensuur. Voeg lae konsentrasies (1.0%) bi-uret ureum

by onder koue toestande en in wingerde met marginale groeikrag. Onder warm toestande (Oranjerivier) mag uitdunspuite onnodig wees. Set tot deurslaan 50% van korrels met 6–7 mm deursnit: Verwyder blare om trosse. Spuit 1 dpm sitokinien vir vergroting. Kort trosse in na 70–80 korrels per tros. Los 52 500 trosse per hektaar. Dien stikstof toe volgens groeikrag. Knip kompakte trosse los indien nodig. Begin met ’n magnesiumprogram om rouband te beheer, indien nodig. Deurslaan tot oes

± 5% kleur: Hierdie kultivar ontwikkel maklik kleur en etefon is nie gewoonlik nodig nie. Dit mag egter soms nodig wees om 40 ml etefon per 100 liter water in die Oranjerivier toe te dien. ± 20% kleur: Sny die nok van die prieel ongeveer 30 cm wyd oop. Wees versigtig vir direkte son op die trosse. ± 75% van korrels sag: Verwyder trosse op stokke met swak kleur in vergelyking met ander stokke. Oes tot pak Ideale suikervlakke met oes is 16 °Brix. Gevoelig vir haarlynkrakies: Wees versigtig om nie turgiede druiwe op koue oggende na reën of besproeiing te hanteer nie.

Handhaaf die koue-ketting om kondensasie te voorkom. Gevoelig vir SO 2 -skade: Gebruik papier op die druiwe. Gebruik 4–5 mm geperforeerde sakke en ’n MAM vel.

SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 61

Made with FlippingBook Annual report maker