SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026
Aksies volgens fenologiese stadium
Dormansie Snoei: Halflangdraers (6–8 oë) met 15–20 oë per m 2 . Verbetering van bot: Spuit waterstofsiaanamied voor bot om die oes te vervroeg of om uitbot te verbeter. Gebruik volgens die produk se registrasie. Bot tot blom 2 cm lootlengte: Begin met witroesprogram. 10–15 cm lootlengte: Top dominante lote sodat lote met trosse almal min of meer dieselfde lengte by blom sal wees. Dien stikstof toe volgens groeikrag. 20 cm lootlengte: Suier: verwyder lote sonder trosse. Hou een tros per loot. 80–110 cm lootlengte: Optimale lootlengte by blom. Blom to set Volblom: Dien 1 dpm gibberelliensuur toe vir uitdunning en vergroting. Set tot deurslaan 5 mm korreldeursnit: Ringeleer vir vergroting na set. Verwyder blare om trosse. Kort trosse in na 80–90 korrels per tros. Laat een tros per loot met ’n minimum deursnit van 10 mm. Los 50 000–52 000 trosse per hektaar. Dien stikstof toe volgens groeikrag. 7 mm korreldeursnit: Begin met ’n magnesiumprogram om rouband te beheer, indien nodig. 10 mm korreldeursnit: ’n Verdere 7.5 dpm gibberelliensuur is opsioneel. Gibberelliensuur mag kleur en vrugbaarheid negatief beïnvloed. Deurslaan tot oes ±10% kleur: Dien 70 ml etefon per 100 liter water toe. Herhaal na 3 dae met 50 ml etefon per 100 liter water. ±20% kleur: Sny die nok van die prieel ongeveer 30 cm wyd oop. Trim trosse indien nodig. ±75% kleur: Verwyder trosse op stokke met swak kleur. Oes tot pak Gevoelig vir haarlynkrakies: Wees versigtig om nie turgiede druiwe op koue oggende na reën of besproeiing te hanteer nie.
Gevoelig vir SO 2 -skade: Gebruik papier op die druiwe. Gebruik 4–5 mm geperforeerde sakke en ’n MAM vel.
SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 59
Made with FlippingBook Annual report maker