SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026

Aksies volgens fenologiese stadium

Dormansie Snoei: Langdraers (10–12 oë) met 20–25 oë per m 2 . Verbetering van bot: Spuit waterstofsiaanamied voor bot om die oes te vervroeg of om uitbot te verbeter. Gebruik volgens die produk se registrasie. Bot tot blom 2 cm lootlengte: Begin met witroesprogram. 10–15 cm lootlengte: Top dominante lote sodat lote met trosse almal min of meer dieselfde lengte by blom sal wees. Dien stikstof toe volgens groeikrag. 20 cm lootlengte: Suier: verwyder lote sonder trosse. Hou een tros per loot. 80–110 cm lootlengte: Optimale lootlengte by blom. Blom tot set In set (2–3 mm korreldeursnit): Spuit 2–2.5 dpm gibberelliensuur om bokhael te laat aborteer. Herhaal na 2 dae. Gebruik die hoër dosis onder moeilike toestande. Alternatiewelik kan 1.5 dpm gibberelliensuur drie maal gespuit word. Set tot deurslaan 5 mm korreldeursnit: Verwyder blare rondom trosse. Kort trosse in na 80–90 korrels per tros. Laat een tros per loot met ’n minimum deursnit van 10 mm. Los 54 000–56 000 trosse per hektaar. Dien stikstof toe volgens groeikrag. 7 mm korreldeursnit: Spuit 5–10 dpm gibberelliensuur vir vergroting. Die hoër dosis is vir die Oranjerivier. Begin met ’n magnesiumprogram om rouband te beheer, indien nodig. Deurslaan tot oes ±5% kleur: Kleur gewoonlik goed. Dien 40 ml etefon per 100 liter water toe indien nodig. ± 20% van korrels sag: Sny die nok van die prieel ongeveer 30 cm wyd oop. Trim trosse indien nodig. Verwyder trosse op swak lote. Oes tot pak Ideale suikervlakke met oes is 18 °Brix. Wees versigtig om nie turgiede druiwe op koue oggende na reën of besproeiing te hanteer nie. Dit kan tot korrelbars in die sak lei.

Gevoelig vir SO 2 -skade: Gebruik papier op die druiwe. Gebruik 4–5 mm geperforeerde sakke en ’n MAM vel.

SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 57

Made with FlippingBook Annual report maker