SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026

Aksies volgens fenologiese stadium

Dormansie Snoei: Langdraers (10–12 oë) met 20–25 oë per m 2 . Verbetering van bot: Spuit waterstofsiaanamied voor bot om die oes te vervroeg of om uitbot te verbeter. Gebruik volgens die produk se registrasie. Bot tot blom 2 cm lootlengte: Begin met witroesprogram. 10–15 cm lootlengte: Top dominante lote sodat lote met trosse almal min of meer dieselfde lengte by blom sal wees. Dien stikstof toe volgens groeikrag. 20 cm lootlengte: Suier: verwyder lote sonder trosse. Hou een tros per loot. 80–110 cm lootlengte: Optimale lootlengte by blom. Blom to set Spuit 20–40 dpm gibberelliensuur vir vergroting. Die hoër dosis is vir warm areas (Oranjerivier). 75% van korrels met 4–5 mm deursnit: ’n Verdere 20–40 dpm gibberelliensuur plus 1.5–2.5 dpm CPPU (sitokinien) is opsioneel. 100% van korrels met 4–5 mm deursnit: Spuit 20–40 dpm gibberelliensuur en ringeleer. Kort trosse in na 90–110 korrels per tros. 10 mm korreldeursnit: Laat een tros per loot met ’n minimum deursnit van 10 mm. Los 54 000 trosse per hektaar. Dien stikstof toe volgens groeikrag. Begin met ’n magnesiumprogram om rouband te beheer, indien nodig. Deurslaan tot oes ± 20% kleur: Sny die nok van die prieel ongeveer 30 cm wyd oop. Trim trosse indien nodig. Verwyder trosse van stokke wat stres toon as gevolg van te veel trosse. Oes tot pak Gevoelig vir haarlynkrakies: Wees versigtig om nie turgiede druiwe op koue oggende na reën of besproeiing te hanteer nie. 50% blom: Dun uit met 10 dpm gibberelliensuur. 80% blom: Dun uit met 10 dpm gibberelliensuur. Volblom: ’n Verdere 10 dpm gibberelliensuur is opsioneel. Set tot deurslaan 50% van korrels met 4–5 mm deursnit: Verwyder blare om trosse.

Gevoelig vir SO 2 -skade: Gebruik papier op die druiwe. Gebruik 4–5 mm geperforeerde sakke en ’n MAM vel.

SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 53

Made with FlippingBook Annual report maker