SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026

Thompson Seedless (Sultanina)

FOTO: SATI

Eienskappe

• Trosragis (raamwerk) medium tot swak. • Korrelaanhegting 4/5. 3/5 met te veel gibberelliensuur. • Smaak soet neutraal met hoë suurheid. • Tekstuur sappig en ferm. • Dop dun. • Reëntoleransie (bars) 3/5. • Naoesprestasie 4.5/5.

• Die oudste pitlose kultivar. Het in die Midde Ooste ontstaan. Nie gepatenteer nie. • Wit pitloos. • Laat midseisoen. • Groeikrag 5/5. • Vrugbaarheid 3/5. • Korrels langwerpig tot obovoïed (omgekeerd eiervormig). • Gemiddelde korrelgrootte 5.5 g per korrel by 18 mm.

SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 52

Made with FlippingBook Annual report maker