SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026

Inleiding

Om aan markvereistes te voldoen, is dit noodsaaklik dat sekere manipulasies gedurende die lente en somer toegepas word. Sommige kultivars vereis meer manipulasies as ander, maar daar is geen kultivar wat in sy natuurlike toestand vir uitvoer bemark kan word nie. Voor die kultivars bespreek word, is dit noodsaaklik om sekere terminologie te verduidelik. Suier of lootverwydering Dit is die verwydering van oortollige en onvrugbare lote met die hand. Dit word gewoonlik op 20–30 cm lootlengte gedoen. Verwydering van sylote Sylote word vanaf die hoofloot se basis tot by die tros verwyder. Omdat dit arbeidsintensief is om sylote te verwyder, word slegs prominente sylote en dan net tot by die trosse verwyder. Moet dit asseblief nie oordoen nie. Navorsing het bewys dat die sylote bydra tot die vervaardiging van koolhidrate wat na naasliggende trosse getranslokeer word. Tip Dit is die verwydering van die voorste 2–5 cm van die groeipunt van ’n loot met die hand. Dit het ’n beter set, asook meer vrugbare ogies tot gevolg. Dit word gewoonlik net voor of gedurende blom gedoen. Top Dit is die verwydering van die voorste 15–25 cm van lote, insluitende die groeipunte, deur hulle met ’n draad af te slaan of met ’n skêr of sekel af te sny. Top is meer drasties as tip. Soos met tip, is die doel is om beter set, korrelgrootte en vrugbaarheid te bewerkstellig. Dit word ook na set en na deurslaan gedoen om ligindringing in die middel van die ry te verbeter. As wingerd baie onegalig gebot het, moet dominante lote soms vroeg getip of getop word sodat die swakker lote kan bykom. Tip word gewoonlik gedoen wanneer die dominante lote 15–20 cm lank is. Dominante lote met trosse kan ook een tot twee nodes bo die tros getop word. Dominante Trosrankies en sytrosse ontwikkel uit die hoofas bo die skouers van ’n tros. Die trosrankies word soms ankers genoem. Anker verwys ook na die verwydering van hierdie rankies of sytrossies. Indien dit nie betyds verwyder word nie, kan die trosrankies die tros vasdraai. Dit is veral by Crimson Seedless en Sugranineteen (Scarlotta Seedless ® ) waar die rankie lastig kan wees. Skouer Dit is die inkort van die boonste twee laterale op ’n tros, gewoonlik voor blom. Dit word gedoen vir beter set in die boonste deel van die tros. Soms word net ’n klein gedeelte van ’n lateraal verwyder, byvoorbeeld een knoetsie en soms ’n groot gedeelte, tot die helfte. lote sonder ’n tros moet totaal weggebreek word. Verwydering van sytrosse en trosrankies

SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 5

Made with FlippingBook Annual report maker