SATI Riglyne vir die Voorbereiding van Tafeldruiwe in Suid-Afrika vir uitvoer 2025/2026

Aksies volgens fenologiese stadium

Dormansie Snoei: Langdraers (12 oë) met 25 oë per m 2 . Verbetering van bot: Snoei sodat draers min of meer ewe dik is (12–14 mm). Draers wat te dun of te dik is bot onegalig. Bot tot blom 40 cm lootlengte: Suier: verwyder swak lote en lote sonder trosse. Mik vir 18–20 lote per meter. Swak lote dra swak trosse met waterige korrels en rouband. Hou een tros per loot. Twee trosse kan op sterk lote gelaat word. Verwyder blare rondom trosse vir meer effektiewe swamdodertoedienings. Blom tot set 2-3 mm korreldeursnit (set): Dun uit met 1–1.5 dpm gibberelliensuur om bokhael te laat aborteer. Lae konsentrasies (1.0%) bi-uret ureum kan bygevoeg word gedurende koue weer of vir wingerde met swak groeikrag. Herhaal na 3 dae met 1 dpm gibberelliensuur. Set tot deurslaan 5–6 mm korreldeursnit: Ringeleer na set. Korrekte ringelering kan korrelgrootte met 25% verbeter en die volgende seisoen se vrugbaarheid positief beïnvloed. Kort trosse in na 80–90 korrels per tros. Dit is soms nodig om groter trosse op sterk lote te gebruik indien daar nie genoeg trosse is nie. Los 49 000 trosse per hektaar. 8–10 mm korreldeursnit: Verwyder blare rondom trosse. Spuit 7.5 dpm gibberelliensuur plus 2 dpm CPPU (sitokinien) vir vergroting. Hoë dosisse gibberelliensuur mag vrugbaarheid negatief beïnvloed. Beheer rouband met ’n magnesiumblaarvoeding elke twee weke. Hantering van trosse na 10–12 mm korreldeursnit kan oppervlakkige verbruining veroorsaak. Deurslaan tot oes ± 10% kleur: Diffuse lig onder die prieel is nodig om korrels af te hard maar die korrels moet nie direkte sonlig kry nie. Lote moet ligbruin verkleur (verhout). Verwyder beskadigde korrels en trosse. Beheer witroes en bederf. Oes tot pak Wees versigtig om nie turgiede druiwe op koue oggende na reën of besproeiing te hanteer nie. Dit kan tot haarkrakies and bederf in die karton lei. Moenie trosse wat lank gehang het om suikers te behaal of druiwe van swak lote pak nie. Hierdie vrugte het ’n risiko van interne verbruining.

SATI RIGLYNE VIR DIE VOORBEREIDING VAN TAFELDRUIWE IN SUID-AFRIKA VIR UITVOER 47

Made with FlippingBook Annual report maker